Steyn die Aussie-pyn

2011-11-19 07:07
Tweets Share Share line Print

Wanderers – Nie nét het Suid-Afrika Vrydag wéér uit ’n vroeë krieketgraf opgestaan nie – sy sluimerende paaltjievraat het boonop óók nou ontwaak.

Dale Steyn, die Protea-blitsbouler, het Australië Vrydag gewaarsku dat hy “nog lank nie die beste gesien het nie” van Imran Tahir, saam met wie hy vroeër die tuisspan se wenkans in die tweede toets op die Wanderers eiehandig lewend gehou het.

Steyn (4/64) en Tahir (3/55) het tussen hulle sewe van die Aussies se 10 eerstebeurt-paaltjies laat kantel om die besoekers vir 296 uit te haal – ’n voorsprong van “net” 30 lopies, nadat die Proteas eergister met ’n ewe beskeie 266 tevrede moes wees.
En net soos in die Suid-Afrikaners se eerste poging met die kolf, was ’n merkwaardige kolf-ineenstorting te blameer vir die besoekers se geswoeg.

Die toerspan het ál 10 sy paaltjies vir 122 lopies verloor –  en die laaste ses daarvan vir net 68 – nadat hy vroeër haas onstuitbaar gelyk het met sy telling op ’n yslike 174/0.

In die oggendskof het hul aanvangspaar, Shane Watson (88) en Phil Hughes (88), na hartelus ingeklim onder Steyn en sy boulmaats – en teen die middagete was die Proteas se kanse om ’n eerste tuisreeks teen die Aussies te wen sedert hertoelating, skynbaar daarmee heen.

“Dit was wéér ’n ongelooflike terugvegpoging, want toe ons van die veld stap vir die middagete was ons in baie groot moeilikheid,” het Steyn gesê.

“Graeme (Smith, die Protea-kaptein) het ons bymekaar geroep en laat weet wat hy van ons boulvertoning dink.

“Daarna was ons strate beter –  en hoewel dit bitter warm was en daar môreoggend (vanoggend) ’n paar seer lywe sal wees, glo ek ons is nou weer in beheer van dié toets.”

Eers het Morné Morkel (1/62) en Vernon Philander (1/47) die lopiekrane ordentlik toegedraai, waarna Steyn en Tahir die Aussie-kolwers se ongeduld uitgebuit het.

Terwyl die Phalaborwa Express toetsslagoffers nommer 245 tot 248 met sy sywaartse beweging en vaart geëis het, moes Tahir wag tot laat in die aandskof voordat hy sy eerste paaltjie platgetrek het deur Brad Haddin (16) bvp te betrap.

Dié Pakistani van geboorte, wat verlede week in Kaapstad ’n teleurstellende toetsbuiging in die eerste toets gemaak het, het daarna ook die stertkolwers Peter Siddle (0) en Nathan Lyon (2) uitgehaal.

“Imran was fantasties, want hy moes lank wag vir daardie eerste paaltjie nadat hy skaars boulkans gekry het in Kaapstad,” het Steyn gesê.

“Ek kan nie wag om te sien wat hy in die (Aussies se) tweede beurt gaan doen nie.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.