Sri Lanka op hete kole

2012-01-03 08:46
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Sri Lankaanse krieketspan is steeds in die wolke ná sy geskiedkundige sege in Durban, maar beserings dreig om sy Suid-Afrikaanse partytjie kort te knip.

Die besoekers se paaltjiewagter, Dinesh Chandimal, het vyftigtalle in albei beurte van die tweede toets op Kingsmead in Durban gemoker. Hy sukkel egter met ’n sleg gekneusde regterelmboog.

Hoewel sy kaptein, Tillakaratne Dilshan, gesê het dat hy Maandag beter gevoel het as Sondag, sal hulle eers vandag voor die derde toets teen die Proteas oor sy beskikbaarheid besluit.

Die aggressiewe naatbouler Dilhara Fernando se knie lol en as hy nie kan speel nie, sal Dhammika Prasad in sy eerste wedstryd van die toer speel.

Chandimal sal ’n reuse-verlies wees. Hy het in Durban amper ses uur gekolf – in sy debuut – en gewys dat hy een Sri Lankaan is wat in Suid-Afrikaanse toestande op sy gemak is.

Sri Lanka se sege in Durban was sy eerste toetsoorwinningtot nog toe in Suid-Afrika.

Dilshan het ook gesê sy span skrik nie vir die Proteas se onlangse rekord hier op Nuweland of die terugkeer van Vernon Philander nie.

“Ek weet hulle vaar goed hier, maar ons het in die tweede toets gewys dat ons in enige toestande kan speel. Ons loop oor van selfvertroue. “Die kolfblad lyk ook na een waarop kolwers én boulers kan goed vaar.”

Oor Philander, wat 24 paaltjies in sy eerste drie toetse laat kantel het voor ’n kniebesering hom uit die Durban-toets gehou het, was Dilshan ook louerig.

“Hy het baie goed geboul in die eerste toets, maar die toestande hier verskil baie en ons het ook ’n paar planne uitgewerk om hom hok te slaan.”

Daar is duidelik ’n nuwe selfvertroue by Sri Lanka te bespeur. “Voor die reeks het almal gesê ons is nie goed genoeg nie. Ons het in die laaste toets gewys ons kán wen,” het Dilshan gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.