Só lyk spanne vir Kampioeneliga
2011-06-30 12:06
Kaapstad – Die tien krieketspanne wat aan vanjaar se Kampioeneliga op die Indiese subkontinent gaan deelneem, is Donderdag bekendgemaak.
Dié skatryk twintig20-toernooi vind vanaf 23 September tot 9 Oktober in Chennai, Bangalore en Kolkata plaas en sal uit twee groepe van vyf spanne elk bestaan, met die twee top-spanne in elke groep wat na die halfeindrondes vorder.
Sewe spanne van Indië, Australië en Suid-Afrika het outomaties gekwalifiseer terwyl ses spanne aan 'n kwalifiseringstoernooi vanaf 19-21 September in Indië sal deelneem vir die laaste drie plekke.
Groep A: Chennai Super Kings (Indië), Cape Cobras (SA), New South Wales Blues (Australië), Mumbai Indians (Indië), kwalifiseerder.
Groep B: Bangalore Royal Challengers (Indië), Warriors (SA), South Australian Redbacks (Australië), kwalifiseerder, kwalifiseerder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24