‘Só kan SA opvolger vir Kallis kry’

2011-12-08 09:54
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Suid-Afrikaanse krieket se kans om die volgende Jacques Kallis of Shaun Pollock te ontwikkel, het vanjaar ’n groot hupstoot gekry.

Die besluit van Krieket Suid-Afrika (KSA) om die plaaslike Eendagbeker-reeks so na as moontlik op internasionale eendagkrieket te skoei, het reeds vrugte afgewerp en gaan die spel in die land beslis in die toekoms ook help.

Justin Kemp, die Cape Cobras se ervare kaptein en ’n voormalige lid van die Proteas se eendagspan, glo dat ’n mens reeds kan sien hoe die gehalte van die krieket in vanjaar se reeks verbeter het.

“Ons het klaar gesien hoe kolwers meer berekend kolf en hul beurte bou, pleks van verlede jaar se meer gejaagde en minder deurdagte krieket,” het Kemp gesê.

“Dit is egter die impak wat die nuwe formaat op die ontwikkeling van veral veelsydige spelers het wat ons krieket gaan help,” meen Kemp.

Kemp se Cobras speel Vrydag in die eindstryd van die Eendagbeker-reeks hier op Nuweland teen die Warriors, net ’n jaar nadat die Kapenaars nie eens die halfeindronde van die 40 boulbeurt-reeks kon haal nie. “Ek glo beslis dat die nuwe formaat ’n rol gespeel het in die sukses wat ons behaal het. Dit is geen geheim nie dat ek glad nie gehou het van verlede jaar se formaat nie waarvolgens spanne 13 spelers kon kies en plaasvervangers kon inspan.”

Dié seisoen bestaan elke span weer uit 11 spelers en word wedstryde oor 50 boulbeurte per span beslis. Kemp glo dat die vorige formaat die rol van veelsydige spelers “ondermyn” het, omdat spanne bykomende spesialiste kon kies: “Dit maak sin om volgens dieselfde ­reëls as dié in internasionale eendagkrieket te speel. Dis tog die doel om jonger spelers voor te berei vir internasionale krieket.”

Sy veelsydige spelers is een van die Kaapse span se troefkaarte, met spelers soos Kemp, Kallis, Vernon Philander, Rory Kleinveldt, Robin Peterson en selfs Justin Ontong in sy geledere.

Kemp sê die reeks help egter nie net veelsydige spelers nie: “Ons het reeds gesien hoe verskeie jong kolwers ontwikkel het. Manne soos Dean Elgar en Reeza Hendricks van die Knights en Jon-Jon Smuts en Colin Ingram van die Warriors het al ’n hele paar indrukwekkende beurte gespeel wat hul spanne tot seges gehelp het,” het hy gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: justin kemp  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.