Smith lei kolfaanslag op hondmak-blad

2010-06-19 09:08
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die tweede kriekettoets tussen Suid-Afrika en die Wes-Indiese Eilande het gister in St. Kitts begin net waar die eerste toets Sondag opgehou het – met Suid-Afrika in totale beheer van sake.

Die Proteas het eerste gekolf op ’n baie mak kolfblad en het met die druktyd,’n halfuur voor tee, 173/1 gehad. Graeme Smith (79*) en Hashim Amla (29*) was toe voor die penne.

Smith en Alviro Petersen het die Proteas ’n goeie begin gegee en hul vennootskap van 99 was die perfekte grondslag.Smith het ná middagete voortgekolf, maar Amla was effe gelukkig toe Chris Gayle hom op 18 van Kemar Roach se boulwerk af laat val het.

Die gevoel ná die oggendsessie was dat die blad een van daardie is wat gereeld deur die boulers gevloek gaan word terwyl hulle terugloop na hul boulmerkies. Daar was amper geen hulp nie en dit sal bars gaan vir een span om 20 paaltjies te neem.

Dit was gister voor teetyd alweer afdraande vir die Windies en die Proteas-kolwers het baljaar in dié kolf-vriendelike toestande. Dit was eergister ook met die Windies se spankeuse duidelik dat hulle al hul eiers in een mandjie gesit het.

Hulle het gehoop om die loot te wen, ’n reuse-telling op te stapel en dan die Proteas onder druk te plaas met hul draaiboulers. Die oomblik toe Smith die loot gewen het en besluit het om eerste te kolf, was die Windies in die moeilikheid.

Toe Sulieman Benn, die linksdraaier, sy verskyning in die 6de beurt van die dag maak, was dit duidelik hóé diep die tuisspan in die pekel was. Soos in die eerste toets in Port of Spain het die Windies se naatboulers geen deurdringingsvermoë gewys nie en al die verantwoordelikheid is op die draaiers se skouers geplaas.

Die snelbouler Roach het die groentjie Nelon Pascal vervang, maar het ’n hele paar foutballe afgestuur.Die leë pawiljoene om die bitter klein veld was nog ’n bewys van waar Windies-krieket hom tans bevind

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter  te volg.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket suid-afrika

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

David sê... Barend Die papsakkers is eintlik die tuiste vir die 'newwir wozzers'. 'n 'Has been' is te skaam om in passiongapland te speel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.