Smith kom Strauss met steekhou by

2010-01-18 08:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg -  Graeme Smith glo die rede waarom Engeland die vierde en laaste kriekettoets gister hier op die Wanderers teen Suid-Afrika verloor het, is omdat hy te veel tyd en energie spandeer het aan die omstredenheid van die verwysingstelsel.

“Hulle het fokus verloor tydens die toets en nie gekonsentreer op dit wat hulle moes nie,” het die Suid-Afrikaanse kaptein gesê nadat sy span die beslissende toets met ’n beurt en 74 lopies gewen en die reeks gelykop (1-1) laat eindig het.

Sy Engelse eweknie, Andrew Strauss, stem nie saam nie.

“Dit was glad nie die rede hoekom ons verloor het nie.

“Ons het die toets al sommer op die eerste oggend verloor toe ons vier paaltjies in die eerste uur se spel prysgegee het.

“Ons was al sommer vanaf die eerste aflewering van die toets op die agtervoet toe ek uit is.

“Ons kon net nooit daarna herstel nie,” sê hy.

“Hierdie blad was ook gemaak vir (Dale) Steyn en (Morné) Morkel om op te boul,” sê hy van die twee Suid-Afrikaanse aanvangsboulers wat die toekenning as speler van die wedstryd gedeel het.

“Ons het in hierdie toets glad nie aan die verwagtinge voldoen nie en dit was eindelik drie en ’n halwe baie frustrerende dae.”

Strauss gee ook toe dat Suid-Afrika uitstekend gespeel het en hulle net geen kans gegun het om te probeer terugkom­ in die toets nie.

Smith sê sy span kon die reeks net sowel met 3-1 gewen het, met verwysing na die toetse in Centurion en Nuweland waar Suid-Afrika net nie kon afrond nie en in albei gevalle slegs een paaltjie nodig gehad het vir ’n sege.

“Die werklikheid is dat ons twee keer nie die uitklophou kon plant nie. Ek het egter nie ’n gevoel dat ons verontreg is deur nie die reeks te wen nie.

“Dit was ’n uitstekende reeks wat baie mededingend was en dit is die wonderlike ding van sport – om in ’n tweestryd soos dié met die Engelse te kon deel,” sê Smith.

Hy is ook in sy skik met hoe die boulers in die vierde toets vertoon het. “Ons het aggressief geboul en met groot deurdringingsvermoë.

“Die nuwelinge, Wayne Parnell en Ryan McLaren, het ook goed ingeskakel en die toekoms lyk goed,” sê die SA kaptein.

In Steyn en Morkel het Suid-Afrika ook nou ’n kombinasie met die nuwe bal wat diep spore kan trap.

Smith was vol lof vir die toetsblad wat voorberei is deur die veldopsigter, Chris Scott, wat Saterdag verjaar het. “Dit was lekker om op ’n blad te speel wat iets vir almal gebied het.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.