Smith-hulle ís bestendig (vrot)

2011-12-29 07:42
Tweets Share Share line Print

Kingsmead – Niemand kan die Suid-Afrikaanse krieketspan van ‘n gebrek aan bestendigheid beskuldig nie, want ná die Proteas se droewige kolfvertoning in hul eerste beurt van die tweede toets teen Sri Lanka was Graeme Smith se span gister ewe vrot met die bal én in die veld.

Die besoekers was teen uitskeityd met hul telling op 256/7 reeds ’n tamaai 426 lopies voor, danksy Kumar Sangakkara se 28ste toetshonderdtal – sy derde teen die Suid-Afrikaners.

Die eilandmanne het skaars 24 uur vroeër korte mette gemaak van die hoogaangeskrewe kolflys van die Proteas en die Suid-Afrikaners vir net 168 uitgeknikker.

Sangakkara (108 lopies, 190 balle, 13x4) kon voor dié beurt tellings van net 1, 2 en 0 in die reeks bymekaarskraap, maar gister is sy durf net deur sy emmers vol geduld oortref in bewolkte toestande wat veronderstel was om die tuisspan se blitstrio – Dale Steyn, Morné Morkel en Marchant de Lange – soos ’n handskoen te pas.

Vennootskappe van 94 en 104 lopies om die vierde en sesde paaltjies saam met onderskeidelik Thilan Samaraweera en Dinesh Chandimal het enige hoop wat die Proteas gekoester het op ’n merkwaardige terugvegpoging nou finaal nek omgedraai.

Tog kon dinge vandag veel anders daar uitgesien het. Sangakkara (met sy telling op 3) is van net die vierde aflewering van die dag ’n lewe gegun toe ’n misverstand tussen Smith en Mark Boucher tot ’n verbroude vangkans in die glippe gelei het van die boulwerk van Morné Morkel af.

Minder as vyf uur later was dié 34–jarige veteraan wél terug in die kleedkamer, maar eers nadat hy sy span binne bereik gebring het van ’n eerste toetssege op Suid-Afrikaanse bodem en die kans om sake aanstaande week in Kaapstad ook om die reekslouere uit te spook.

Morkel (1/43) het die eerste deurbraak bewerkstellig toe Tharanga Paranavitana (9, 22b, 2x4) deur Ashwell Prince in die glippe uitgevang is, waarna De Lange (1/45) kort daarna sy agtste slagoffer van die wedstryd geëis het deur vir Mahela Jayawardene (14, 27b, 2x2) b.v.p. te betrap.

Samaraweera (43, 64b, 5x4) en Chandimal (54, 92b, 7x4) het saam met Sangakkara vasgeskop voor en ná die goedkoop verlies van Angelo Mathews (3, 6b).

Steyn (3/54) het albei laasgenoemde kolwers uitgehaal voordat Sangakkara ook die aftog moes blaas toe hy op halfby uitgevang is van die boulwerk van Imran Tahir (2/64).

Vir die tuisspan om die onwaarskynlike te vermag en sy eerste reekssege in meer as drie jaar reeds hier te beklink, sal hy in sy tweede beurt feitlik elke kolfrekord denkbaar moet verpletter.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Sport24

Lees meer oor: krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.