Smith-dae getel?

2012-01-12 07:51
Tweets Share Share line Print

Bolandpark – Is Graeme Smith se dae in die Proteas se eendagkrieketspan getel?

Dié voormalige nasionale eendagkaptein het gister hier in die Paarl in die eerste eendagwedstryd in die reeks teen Sri Lanka weer nie ’n noemenswaardige beurt gespeel nie.

Hy het net 6 lopies aangeteken.

Die 30-jarige Smith het verlede jaar ná die Proteas se sukkelvertoning in Indië in die Wêreldbeker-toernooi as kaptein van die eendagspan bedank.

Hy het egter besluit om in al drie weergawes van die spel as speler aan te bly.

Daar wag nou ’n moeilike besluit op die keurders.

As sy spelpeil nie dramaties in die vier oorblywende wedstryde verbeter nie, sal dit bitter moeilik wees om hom in die eendaggroep vir die reeks in Nieu-Seeland in te sluit.

Smith is steeds die kaptein van die toetsspan. Dit is ook die weergawe van die spel waarin hy die laaste paar jaar die meeste welslae behaal het.

Dit sal waarskynlik beter vir sy toetsloopbaan wees as hy hom op die langer weergawe van die spel toespits.

Die wyse waarop hy gister uit is, wek kommer. Dit is al voorspelbaar dat hy ’n probleem met aflewerings buite die wegpen sal hê.

Hy is agter die paaltjies deur Kumar Sangakkara uitgevang nadat ’n aflewering van Lasith Malinga die buiterand van sy kolf getref het.

Dit is presies dieselfde wyse waarop hy verlede maand in die eindstryd van die plaaslike Eendagbeker-reeks teen die Warriors uit is.

Makhaya Ntini het toe die bal in agtereenvolgende aflewerings buite Smith se wegpen geboul.

Die eerste bal het oor die glippe vir vier gevlieg, maar Smith is met die volgende bal ná presies dieselfde niksseggende hou uit. Hy het gister weer daardie hou gespeel.

Sy laaste honderdtal vir die Proteas was langer as twee jaar gelede in Centurion toe hy 141 in die nederlaag teen Engeland in die toernooi om die Kampioene-trofee aangeteken het.

Hy het ook net een vyftigtal in die 14 eendagbeurte vir die Pro­teas gemoker. Smith se eendaggemiddelde het nou tot net 38.81 geval, wat nie waffers vir ’n aanvangskolwer in kitskrieket is nie.

Hoewel Smith gesukkel het, was Hashim Amla (112) en Jacques­ Kallis (72) se vennootskap van 111 om die tweede paaltjie ’n rekord teen Sri Lanka.

Amla wou homself seker skop toe Kallis uitgehardloop is.

Amla het probeer om ’n ondeurdagte enkellopie te steel. Mahala Jayawardene het die paaltjies uit die dekveld raak gegooi.

Suid-Afrika het 301/8 in sy beurt aangeteken. Met die druktyd het Sri Lanka nog gekolf.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: graeme smith  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.