Slagter van Nagpur

2010-02-09 10:17
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Nagpur - Dale Steyn se blitzkrieg wat Indië gister planke toe gestuur het, was die gevolg van die bal wat by sy naat oopgebars het en toe met ’n nuwe vervang is; én Corrie van Zyl se vermaning dat die Suid-Afrikaanse boulers nie hul greep op die toets durf verslap nie.

Steyn, wat eers sewe paaltjies in Indië se eerste beurt laat kantel het en toe nog een in die Indiërs se opvolgbeurt geneem het, sê die “nuwe” bal het hom gewis gehelp om meer omgekeerde swaai met sy aflewerings te kry.

Dit was ná die teepouse dat Steyn as die Slagter van Nagpur in die eerste kriekettoets na vore getree het met Indië wat sy laaste 6 paaltjies in net 37 minute kwyt was.

Vir die Proteas wink ’n sege met twee dae se spel oor en Indië wat nog 259 lopies in sy opvolgbeurt moet aanteken om die besoekers weer te laat kolf. Met twee Indiese paaltjies reeds plat is dit omtrent net Sachin Tendulkar wat tussen die Proteas en ’n oorwinning staan.

Steyn het ná die dag se spel gesê Van Zyl, die tussentydse afrigter wat voorverlede week by Mickey Arthur oorgeneem het, het die boulers laat verstaan dat hul vertoning in die middagsessie nie goed genoeg was nie.

“Ons was voor middagete goed in beheer van sake en het in elke skof van die toets tot dusver die basiese dinge reg gedoen. Dit was niks ernstigs van Corrie se kant af nie. Hy het ons bloot laat verstaan dat die periode ná tee die gang van die toets sal bepaal.

“Hy het ons ook vir die laaste twee uur gemotiveer nadat ons reeds vier uur lank in die son geswoeg het,” sê Steyn.

Die Proteas was ook “gelukkig” dat die bal waarmee hulle geboul het ná 56 beurte oopgebars en die skeidsregters twee beurte voor die teepouse besluit het om dit te vervang.

Met die tweede bal was daar beslis meer omgekeerde swaai en Steyn het dit benut.

Sy tweestryd met die Indiese legende Sachin Tendulkar was een van die hoogtepunte van die dag en Steyn het erken dat hy Tendulkar se paaltjie nog lank sal onthou.

“Ja, dit het baie beteken. Syne én die een (van Murali Vijay) net voor hom. Ek het ’n plan gehad en dit het uitstekend gewerk.

Vir sulke paaltjies werk jy. Jy werk hard en lank aan ’n plan en wanneer dit werk, is dit fantasties.

“Dis iets waaraan ons baie hard in die nette gewerk het. Dit het alles begin in die toets op die Wanderers toe ek Ian Bell geboul het. Dis waar ek besef het dat al die harde werk in die nette vrugte afgewerp het.”

AB de Villiers het ná die teepouse as paaltjiewagter diens gedoen, met Mark Boucher wat met ’n rugbesering gesukkel het.

“Hy het vir ’n skandering gegaan, maar die besering is nie ernstig nie en hy behoort reg te wees vir die tweede toets,” het die span se woordvoerder ­gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.