Slag tref Proteas-bouler

2012-01-13 14:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die naatbouler Rory Kleinveldt sal weens 'n geskeurde bobeenspier die res van die Proteas se eendagreeks teen Sri Lanka misloop.

Krieket Suid-Afrika het Vrydag in 'n verklaring gesê Kleinveldt het sy linker bobeenspier geskeur en sal vir tot ses weke buite aksie wees.

'n Aankondiging oor Kleinveldt se plaasvervanger sal Saterdag ná die tweede eendagwedstryd in Oos-Londen gemaak word.

"Dit is 'n ongelukkige terugslag vir Rory," het Mohammed Moosajee, spanbestuurder, gesê.

"Hy het by die span aangesluit met 'n verrekte bobeenspier nadat hy 'n wedstryd in die SuperSport-reeks vir die Kaapse Kobras gespeel het."

Moosajee het gesê 'n sonar het gewys die spier is geskeur en die mediese span wou dit nie vererger nie.

Kleinveldt het nie in die eerste eendagwedstryd in die Paarl gespeel nie.

Suid-Afrika het dié wedstryd met 285 lopies gewen en loop met 1-0 voor in die reeks van vyf eendagwedstryde.

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- SAPA

Lees meer oor: rory kleinveldt  |  krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.