Shah jag boerpot saam met Cobras

2011-09-23 07:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Cape Cobras hoop dat een van hul beste spelers betyds in Indië sal aanland om saam met sy spanmaats die aanslag om die boerpot van $3 miljoen (amper R24 miljoen) in die skatryk Indiese Kampioeneliga te begin.

Die voormalige Engelse toetskolwer Owais Shah het Woensdag eindelik ’n visum gekry en sal so gou as moontlik by sy Kaapse spanmaats aansluit.

Die Cobras begin hul aanslag Saterdag teen die Blues van Nieu-Suid-Wallis in Chennai.

Shah is verlede seisoen as Suid-Afrika se plaaslike Pro20-speler van die jaar aangewys en die Kaapse span hoop dat hy saam met ander groot kanonne soos Herschelle Gibbs, JP Duminy en Dale Steyn aan hulle sukses sal besorg.

Die Cobras en die Warriors is Suid-Afrika se twee verteenwoordigers in die reeks.

Die Warriors se eerste wedstryd is môre teen die Royal Challengers Bangalore.

Albei Suid-Afrikaanse spanne het reeds $500 000 (byna R4 miljoen) gekry omdat hulle gekwalifiseer het en sal ’n minimum van nog $200 000 (amper R1,6 miljoen) ontvang.

Die Warriors het ook ’n meevaller gekry toe hulle vergoed is omdat twee van hul spelers – Jacques Kallis (Kolkata Knight Riders) en Davy Jacobs (Mumbai Indians) – vir hul Indiese Premierliga-spanne gaan speel.

Die Warriors het glo $300 000 (byna R2,4 miljoen) vir die verlies van dié twee sterre ontvang.

Die ses spanne wat nie tot die halfeindronde deurdring nie, sal elk $200 000 (sowat R1,6 miljoen) ontvang.

Die twee verloorders in die halfeindronde kry $500 000 (byna R4 miljoen) elk.

Die verloorder in eindstryd kry $1,2 miljoen (sowat R9,6 miljoen) en die wenner $2,5 miljoen (sowat R20 miljoen).

Die SA spanne moet ’n gedeelte van hul prysgeld deel met die 4 SA spanne wat nie vir die reeks gekwalifiseer het nie.

- Die spanne: Chennai Super Kings, Cape Cobras, Blues (Nieu-Suid-Wallis), Mumbai Indians, Royal Challengers Bangalore, Warriors, Redbacks (Suid-Australië), Trinidad & Tobago, Somerset en Kolkata Knightriders.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24 

Lees meer oor: kampioeneliga  |  cape cobras

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.