Sekerheid in Indië kwel Aus voor IPL
2010-02-22 15:51
Sydney - Australiese krieketspelers wat by die Indiese Premierliga (IPL) betrokke is, vergader Dinsdag met Paul Marsh, die uitvoerende hoof van die Australiese Krieketspelers-vereniging (ACA), oor die sekerheidsituasie in Indië.
Dié situasie het vandeesmaand vererger met 'n terroriste-aanval in Pune. Nege mense is in die aanval dood.
'n Al-Kaïda-splintergroep het ook gedreig om die wêreld-hokkietoernooi, die IPL en die Statebondspele te ontwrig.
Die IPL word vanaf 12 Maart tot 25 April gehou.
– Sapa-AP