Sachin swyg oor wedstrydknoeiers

2010-09-07 09:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sachin Tendulkar het Maandag op ’n mediakonferensie hier by die Wanderers-stadion geweier om te onthul of hy al in sy krieketloopbaan deur beroepswedders of wedstrydknoeiers genader is.

“Kan ons liewer net oor die Kampioeneliga-toernooi praat,” het hy gesê toe hy gevra is of hy al ooit kontak met “ongewenste karakters” gehad het.

Tendulkar glo ondanks die skade wat krieket se beeld die laaste ruk weer aangerig is deur onthullings van beweerde wedstrydknoeiery van Pakistani’s, kan ’n toernooi soos hierdie wat Vrydag in Suid-Afrika begin, baie daartoe bydra om op die goeie dinge van krieket te konsentreer.

“Maak nie saak wat gebeur nie, krieket bly ’n wonderlike spel.

“Daar sal altyd baie struikelblokke in die pad wees.

“Dit moet nie afbreuk doen aan al die wonderlike wedstryde wat gespeel word in die ware gees van die spel nie,” sê Tendulkar.

“Dit is juis nou nodig dat almal wat betrokke is by die Kampioeneliga daarop sal fokus om die goeie in krieket te laat seëvier.” Die Australiër David Hussey, kaptein van die Victoria Bushrangers van Melbourne, sê hy en sy spelers sal die spel met integriteit speel.

Dié beroep om krieket te speel soos dit veronderstel is, kom te midde van onthullings dat nog ’n Pakistanse speler deur die Internasionale Krieketraad ondersoek word.

Die Pakistanse regering het ook bevestig dat die bates van vorige en huidige spelers ondersoek gaan word.

Volgens Sapa-AP het die Federale Buro van Inkomste opdrag gegee dat die inhoud van bankrekeninge, bates en ook die aantal motors in spelers se besit oor die afgelope vyf jaar ondersoek moet word.

Tendulkar glo die Kampioeneliga, wat verlede jaar in Indië die lewenslig gesien het, het die potensiaal om ’n baie mededingende toernooi te wees.

Hy is die kaptein van die Mumbai Indians, wat Vrydag in die openingswedstryd op die Wanderers teen die Lions speel.

“Ek geniet nog my krieket en dit is vir my ’n groot uitdaging om in ’n toernooi soos hierdie teen van die beste spelers ter wêreld te staan te kom,” sê die 37-jarige Tendulkar.

Die Australiese snelbouler Peter Sid­dle keer in die Kampioeneliga-toernooi terug tot die veld nadat hy weens ’n rugbesering die afgelope sewe maande uit aksie was.

“Dit was verlede jaar in Indië baie moeilike toestande vir die snelboulers, maar ek glo die vinniger blaaie hier in Suid-Afrika  gaan ons meer hulp verleen,” sê hy.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Sport24

 

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.