SA wil spiere bult in NS

2012-02-11 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die toer na Nieu-Seeland is waar die Proteas hulself as die beste ter wêreld gaan onderskei, glo Gary Kirsten.

En, het dié Suid-Afrikaanse krieketafrigter Nieu-Seelanders gister gewaarsku, die Kiwi’s se onlangse heldedade teen Australië en Zimbabwe beteken net mooi niks nie aan die vooraand van hul eerste wedstryd teen die Proteas sedert verlede jaar se mislukte Wêreldbeker-veldtog.

Kirsten en sy twintig20-span het Vrydag na Nieu-Seeland vertrek vir ’n reeks van drie blits-, drie kits- en drie toetswedstryde nadat die Black Caps Suid-Afrikaanse harte in Maart gebreek het deur die Proteas in die kwarteindronde van die vierjaarlikse skouspel te klop.

“Dié is ’n reuse-toer vir ons, daaroor is daar geen twyfel nie,” het Kirsten gesê.

“Dis ons eerste reeks weg van die huis af (sedert hy middel verlede jaar die leisels oorgeneem het by Corrie van Zyl) en veral die twintig20-span is aansienlik jonger as die laaste paar jaar.”

Die koue toestande in Nieu-Seeland is boonop ’n geweldige uitdaging. “Dis gewoonlik bitter koud en op ’n warm dag styg die kwik maar tot 21 grade. Daarom het ’n mens minstens ses of sewe dae nodig om ordentlik te kan aanpas en ook om genoeg voor te berei.”

Volgens Kirsten het die toerspan reeds een oog op die toetsreeks én die geelwortel van ’n prysgeld-boerpot in April.

Sou Kirsten-hulle die Kiwi’s met 3-0 ore aansit, sal hulle Engeland onttroon as die voorste toetsspan op die planeet en daarmee saam ’n stewige $450 000 in hul sakke kan steek.

“Dit is deel van ons langtermyn-plan om die nommereen-span te wees, maar dit gaan nie oornag gebeur nie. Ons het reeds ons kleim afgesteek (teen Australië en Sri Lanka), maar ons moet meer bestendig wees en meer gereeld wedstryde én reekse wen,” het Kirsten gesê.

“Die kenmerk van ’n kampioenspan is dat hy op enige dag, op enige plek in die wêreld wen.”

Hy rol ook nie juis snags rond oor die gemak waarmee die Kiwi’s die afgelope maand met Zimbabwe klaargespeel het nie.

“’n Mens moet versigtig wees om nie té veel te lees in dié reeks nie, want hulle (die Kiwi’s) oorheers tot dusver al hul wedstryde en dit kan dikwels ’n verkeerde beeld skep. Dit gaan beslis nie ’n maklike toer wees nie, want Nieu-Seeland is ’n moeilike plek om krieketwedstryde in te wen.

“Boonop is nie een van ons seker oor waarmee hulle vorendag gaan kom nie, maar ek glo ons hét die spelers en die vaardighede om staande te bly teen enigiets wat hulle opdis.”

AB de Villiers, die SA blitskaptein, het gesê: “Die sleutel tot sukses gaan wees om vinnig aan die gang te kom.”

*Twintig20 Groep:

AB de Villiers (k), Hashim Amla (o/k), Johan Botha, Marchant de Lange, JP Duminy, Colin Ingram, Richard Levi, Albie Morkel, Morné Morkel, Justin Ontong, Wayne Parnell, Robin Peterson, Rusty Theron, Lonwabo Tsotsobe. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.