SA vermorsel Zim
2009-11-10 22:34
Centurion – Suid-Afrika het Dinsdag weer hul staal gewys toe hulle Zimbabwe met ‘n reuse 212 lopies in hul tweede MTN eendag internasionale wedstryd op Supersport Park gewen het.
Zimbabwe het 332 nagejaag om te wen, maar Suid-Afrika het hulle vir 119 uitgeboul, met 93 balle wat nog oor was.
Zimbabwe het die loot gewen en Suid-Afrika was eerste in om te kolf.
Graeme Smith en sy nuwe openings-maat Jacques Kallis, wat sopas teruggekeer het na ‘n sybesering, het Suid-Afrika op ‘n goeie noot laat afskop met 108 lopies.
Met baie sterker opposisie in die vorm van Engeland net om die draai, sal Smith en afrigter Mickey Arthur beide baie verlig wees dat Suid-Afrika se vertoning baie beter was as Sondag.
Arthur het Maandag gesê hy wou hê dat die Proteas roekeloos en klinies moet wees en hulle het gedoen wat hy gesê het.
- Sapa