SA trap klei in laaste 3 toetse in Durban

2011-12-24 09:54
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg – Graeme Smith en sy Suid-Afrikaanse krieketspan sal ontslae moet raak van hul Kersfees-babelas van die laaste paar jaar.

Vir Suid-Afrika se Proteas om aanstaande week hul eerste toetsreeks-oorwinning in drie jaar by die huis te behaal, sal hulle iets moet regkry wat hulle ook nie in hul afgelope drie toetse op Kingsmead in Durban kon vermag nie.

Dit is om as oorwinnaar van die veld te stap – iets wat hy al vergeet het hoe om te doen op daardie veld.

Trouens, Suid-Afrika het sy afgelope drie toetse in Durban sleg verloor.

In 2009 het Australië met 175 lopies gewen, waarna Engeland hom in dieselfde jaar daar met ’n beurt en 98 lopies verneder het.

Verlede jaar het Indië Suid-Afrika op Kingsmead met 87 lopies geklop nadat hy ook enkele dae tevore nog met ’n beurt en 125 lopies slae gekry het teen Smith se span in Centu­rion.

Sri Lanka kom ook in Durban aan nadat hy aan die ontvangkant was van ’n nederlaag met ’n beurt (en 81 lopies) in Centurion.

Die toerspan sal ook, soos die Indiërs, daardie nare ondervinding wil uitwis deur terug te slaan in die reeks – iets wat in dié stadium uiters onwaarskynlik lyk.

Die laaste twee Kerstoetse in Durban het nie vir die Suid-Afrikaners die geskenk gebring wat hulle graag wou hê nie en dit blyk dat die feestydperk nie goed met Smith-hulle saamspeel nie.

Die laaste keer wat Suid-Afrika ’n Kerstoets in Durban kon wen, was in 2006, toe Indië met 174 lopies afgeransel is.

Dit kan aanvaar word dat dit in hierdie tydperk moeiliker is vir die spelers om op die spel te konsentreer.
Almal het hul gesinne by hulle en deurdat daar ’n Kers-atmosfeer heers, en almal ook Kersdag saam deurbring en geskenke uitgedeel word, is krieket nie so op die voorgrond soos dit behoort te wees net voor ’n toets nie.
 

- Die Burger

Lees meer oor: proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.