SA snellers gaan baljaar

2011-12-23 12:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die vaart van die Suid-Afrikaanse snelboulers sal een te veel wees vir die Sri Lankaanse kolwers in die tweede kriekettoets wat Maandag op Kingsmead in Durban begin, het Graham Ford, eertydse afrigter van die Proteas en nou die man aan die stuur van die Dolphins, gesê.

Benewens die snelboulers, glo hy die draaier Imran Tahir kan ook op sy tuisveld ’n baie groter impak maak as wat hy tot dusver in die Proteas se toetse gemaak het.

“Hier op Kingsmead is dit die wip en veral die feit dat die draai ‘vinniger’ is, wat hom gevaarlik maak,” het Ford gister aan Sport24 gesê.

“Omdat hy die bal kry om vinniger van die blad af deur te skiet, het die kolwers veel minder reaksietyd om hul houe te speel – en dít is sy groot sukses hier. Hy verras die kolwers met hoe vinnig hy die bal kry om van die blad af deur te skiet.”

Hy verwag wel dat ’n bietjie gras op die blad gelos sal word, maar dit sal beslis nie die “groen mamba” wees soos in die dae toe hy die afrigter van die Natal-span was wat die Windie Malcolm Marshall, asook ’n jong Shaun Pollock en Lance Klusener, in sy geledere gehad het nie.

“Nee, dié blad sal nie só groen wees nie. Wilson (Ngubese, die veldopsigter) het die blad reeds hard gerol en dit is baie ferm. Daarom sal daar heelwat wip wees en sal die bal vinnig deurskiet.

“Jy wil juis eerder vaart as sywaartse beweging van die blad af hê, want in laasgenoemde geval kan die Sri Lankaanse boulers ook gevaarlik wees.

“Hulle het nie juis werklik vinnige boulers nie, maar eerder ouens wat met beweging van die naat af skade kan aanrig.

“Die Sri Lankane hou nie daarvan as die bal keelhoogte verby hulle vlieg nie. Daarom het iemand soos Sanatah Jayasuriya ook gesukkel toe hy hier in die eendagreeks vir ons gespeel het.”

Ford het gesê in die verlede het Morné Morkel ook nie baie sukses op Kingsmead gehad wanneer die blad taamlik baie gras op gehad het nie.

“Met dié dat hy met sy lengte effe kort geboul het, het die bal dikwels vasgesteek op die blad en nie vinnig deurgeskiet nie.

“Ek glo met die blad wat nou fermer sal wees, sal hy nie sommer daardie probleem hê nie.”

Hy voorsien ook nie dat die verwagte reën oor die naweek die voorbereiding van die blad in die wiele sal ry nie.

“Wilson is in elk geval ’n dag of wat voor wat sy voorbereiding betref. Sou dit egter tydens die toets reën, kan dit beteken dat Tahir nie meer so ’n prominente rol sal speel as wat die geval sou wees indien dit sonskynweer is en hy veral op die laaste paar dae tot sy reg sou kom nie.”

- Volg Nuus24Sport op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: graham ford

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.