SA slaan toe na middagete
2011-11-18 15:13
Johannesburg – Die Proteas se bouler Vernon Philander het toegeslaan en die paaltjie van die Australiese kolwer Phil Hughes kort na middagete by die Wanderers-stadion geneem.
Die Aussies se aanvangskolwers het tot en met middagete 169 lopies vir die besoekers op die bord gesit sonder die verlies van enige paaltjies. (Kliek hier vir Nuus24 se regstreekse telbord).
Shane Watson en Phillip Hughes het ‘n behoorlike duik in Australië se agterstand gemaak nadat Suid-Afrika vir slegs 266 uitgeboul is op die eerste dag van die toets.
Jacques Kallis het in die 46ste boulbeurt ook toegeslaan en Shane Watson se paaltjie geneem. Watson het altesaam 88 lopies aangeteken.
Dale Steyn het kort daarna, in die 47ste boulbeurt, Ricky Ponting met sy been voor die paaltjies betrap en hom terug pawiljoen toe gestuur sonder 'n enkele lopie.
Suid-Afrika loop 1-0 voor in die toetsreeks. Indien hulle die toetsreeks wen, sal dit Suid-Afrika se eerste tuis-toetsreeksoorwinning teen Australië wees sedert hertoelating.
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.