SA 'oues' kook in Engeland

2011-04-18 20:00
Tweets Share Share line Print

Rob Houwing

Kaapstad – Hulle is dalk almal aan die verkeerde kant van 35, maar verskeie voormalige Protea-spelers blink steeds uit in Engeland se graafskapkrieket.

Claude Henderson, Andrew Hall en Dale Benkenstein het almal uitgeblink in die tweede ronde van vanjaar se vierdag-graafskapkampioenskappe in Engeland.

Benkenstein (36), ‘n voormalige kolwer van die Dolphins wat 23 eendag-wedstryde vir die Proteas gespeel het, het gemengde geluk gehad toe sy span, Durham, Yorkshire met 146 lopies geklop het op Headingly. Hy het in die eerste kolfbeurt ‘n nulletjie aangeteken, maar in die tweede 150 lopies opgestapel.

Hy het egter in die eerste ronde teen Hampshire 118 en 55 n.u.n. aangeteken.

Hall, die taai veelsydige speler wat binnekort 36 word, het ‘n goeie 146 lopies gemoker toe sy span, Northamptonshire, waarvan hy ook die kaptein is, Kent met ‘n beurt en 159 lopies geklop het.

Die mees verrassende punt van die Suid-Afrikaanse spelers se vertoning in die tweede ronde was moontlik dié van die linksdraaier Claude Henderson (38) se hardnekkigheid as stertkantkolwer vir Leicestershire.

Al het sy span met ‘n beurt en 32 lopies teen Derbyshire, vir wie die Suid-Afrikaans-gebore Wayne Madsen 106 lopies aangeteken het, het Henderson vasgebyt en 77 van sy span se 230 lopies opgestapel in die eerste beurt en in die tweede 40 n.u.n. geslaan.

In die vorige wedstryd het hy teen Glamorgan, wat deur Alviro Petersen gelei word, weer die toporde-kolwers op hul neuse laat kyk met ‘n telling van 80 n.u.n. in sy span se totaal van 238.

Petersen het sy waarde in daardie wedstryd bewys deur 91 lopies aan te teken in sy span se totaal van 146.

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.