SA-middelorde vasbeslote om goed te vaar
2012-12-19 10:31
Kaapstad – Die Proteas se middelorde gaan die afwesigheid van AB de Villiers in die twintig20-span in 'n positiewe faktor omskep, het OFM Woensdag berig.
Die kolwer Farhaan Behardien het gesê die feit dat De Villiers die twintig20-reeks teen
Nieu-Seeland gaan misloop, skep weer geleenthede vir ander spelers om te
wys waartoe hulle in staat is.
De Villiers het Dinsdag weens uitputting
van die groep onttrek.
Behardien meen hyself, David Miller, De Villiers se plaasvervanger,
Justin Ontong, en Faf du Plessis het al gewys dat hulle oor die nodige
skietgoed beskik om ‘n verskil aan ‘n span te maak.
Die eerste t20-kragmeting teen Nieu-Seeland vind Vrydag op Kingsmead in Durban plaas.
Die wedstryd begin om 18:00.
Daarna vind die tweede wedstryd Sondag in Oos-Londen plaas, met die
derde en laaste wedstryd wat die daaropvolgende Woensdag in Port Elizabeth
beslis gaan word.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
OFM