SA kolwers wys staal

2011-12-17 08:55
Tweets Share Share line Print

SuperSportpark – Die bloed gaan vloei wanneer die witwarm Suid-Afrikaanse boulers Saterdag op SuperSportpark vir ’n tweede keer losgelaat word op die lendelam Sri Lankaanse kolwers, sê AB de Villiers.

Die Proteas-onderkaptein het sy teenstanders Vrydagaand gewaarsku dat daar nog oorgenoeg duiwels is in die SuperSportpark-kolfblad waarop die besoekers vroeër vir net 180 uitgeknikker is.

Danksy De Villiers se 99 lopies het die Suid-Afrikaners die hef weer stewig in die hand nadat hul kolfbeurt vroeër gewankel het.

Mark Boucher en Imran Tahir sal verrigtinge vanoggend (Saterdagoggend) op 389/9 hervat – ’n voorsprong van 209 lopies.

“Kyk, as Angelo Mathews dit kan regkry om die bal van ’n goeie lengte af te laat opskiet en my teen die handskoene tref, kan ek net dink wat Dale (Steyn), Morné (Morkel) en Vernon (Philander) met die Sri Lankane gaan doen,” het De Villiers gesê.

Philander en Steyn het eergister nege van die toerspan se paaltjies laat kantel en volgens De Villiers kan hulle selfs beter vaar.

“Daar was tye in Sri Lanka se eerste beurt dat ons nie so goed geboul het as wat ons moes nie en ons was – veral aan die begin – effens aan die kort kant (met aflewerings). As ons môre (vandag) ses uit ses aflewerings, eerder as net drie of vier, in die regte plekke kan plant, behoort ons vinnig met hulle klaar te speel.”

De Villiers-hulle sal boonop verder aangevuur wees nadat Dilhara Fernando kort voor die middagete vir Jacques Kallis met ’n aflewering teen die kopskerm getref het. “Dit was ’n geweldige hou en ek kon amper nie glo dat Jacques aanhou kolf het nie,” het hy gesê. “Dit was egter baie belangrik dat hy wel aangehou het, want as Ashwell (Prince) in daai stadium moes inkom, kon enigiets gebeur het.”

De Villiers het ook die kaptein, Graeme Smith, se besluit verdedig om aan te hou kolf – eerder as om Vrydagaand reeds ’n boulbeurt of wat na Tillakaratne Dilshan-hulle af te stuur.

“Dis belangrik dat ons voorsprong so groot as moontlik is, want ons moet toesien dat ons nie weer hoef te kolf nie. As ons minstens 250 lopies voor kan kom, glo ek nie ons sal kolf nie.”

En te oordeel na die gemak waarmee Boucher (49*) en Tahir (24*) Vrydagaand ’n waardevolle 39 om die laaste paaltjie aangeteken het, is dít nie vergesog nie.

“Ek is baie bly vir Bouch, want hy moes heelwat kritiek verduur die afgelope ruk. Ons almal weet Imran is ’n aanvallende kolwer, maar dat hy die bal soveel keer in die middel van die kolf kon slaan, het ons almal verbaas,” het De Villiers gesê. “Dit sal egter dom wees om Sri Lanka te onderskat, want hulle het kolwers wat dubbele honderdtalle kan aanteken en daar is nog genoeg tyd vir hulle om terug te veg.”

15
lopies is al wat AB de Villiers nou benodig om net die sesde Suid-Afrikaanse toetskolwer te word wat die 5 000-kerf verbysteek.

26
Is Jacques Rudolph se beskeie kolfgemiddelde ná vyf beurte sedert hy verlede maand tot die Suid-Afrikaanse toetsspan teruggekeer het.

- Die Burger

Lees meer oor: proteas  |  sri lanka  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.