SA kolwer voor reeks geskors

2009-12-08 07:29
Tweets Share Share line Print

Eduan Roos

Johannesburg - Hashim Amla, die lopiemasjien van die Suid-Afrikaanse krieketspan is gister op die vingers getik ná ’n misstap tydens ’n onlangse wedstryd teen die besoekers.

Amla het sy misnoeë te kenne gegee toe die skeidsregter Brian Jerling hom uitgegee het in die oefenwedstryd verlede maand tussen die toerspan en Suid-Afrika A in Potchefstroom.

Die Engelse het dié wedstryd met 4 paaltjies gewen nadat Amla, wat kaptein was van die land se naasbestes, vir 37 lopies deur Andrew Strauss op vlak-middebaan uitgevang is van die boulwerk van Luke Wright.

Volgens adv. Michael Kuper, hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA) se tugkomitee, sal Amla nie van Donderdag in die Dolphins se SuperSport-kragmeting met die Warriors op Kingsmead in Durban mag speel nie.

Hoewel Amla vroeër deur die Protea-bestuur vrygestel is vir dié kragmeting, gaan hy die nasionale oefenkamp vir die toetsgroep van dieselfde dag in Potchefstroom bywoon.

“Dis ’n ernstige oortreding, aangesien dit tydens ’n toerwedstryd gebeur het en hy (Amla) boonop die kaptein was en veronderstel was om ’n voorbeeld te stel,” het Kuper gesê.

“Amla het tot dusver ’n vlekkelose rekord gehad, hy het nie skuld ontken nie en reeds verskoning gevra vir sy optrede. Daarom is hy net vir een eersterangse wedstryd geskors en is geen boete opgelê nie.”

Intussen lyk Jacques Kallis se kanse om betyds te herstel vir die eerste toets, wat op 16 Desember in Centurion begin, ál skraler. Dié veelsydige ster het die Proteas se kitsreeks teen Engeland weens ’n gebreekte rib misgeloop.

“Sy vordering verloop volgens plan, maar die kans is steeds 50/50 dat hy betyds reg sal wees,” het Mickey Arthur, Protea-afrigter, aan Sport24 gesê.

Dít beteken dat Alviro Petersen sy toetsbuiging kan maak as Graeme Smith se aanvangsmaat, met Ashwell Prince wat na die middelorde geskuif sal word.

Prince het in die Proteas se laaste toets, in Maart op Nuweland teen Australië, die beurt saam met Smith begin en 150 lopies aangeteken. Hy is goed op dreef in die SuperSport-reeks en sal saam met Paul Harris en Makhaya Ntini, hul terugkeer in die toetsreeks maak.

Volgens Arthur sal Dale Steyn wel speel nadat hy die Suid-Afrikaners se laaste twee eendagwedstryde weens ’n ligte dyspierbesering misgeloop het.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.