Rusty Theron wys sy staal

2010-10-28 08:47
Tweets Share Share line Print

Aboe Dhabi - Vergeet maar van die handvol ander aanspraakmakers op die rol van Proteas-doodsnikbouler in aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi – Rusty Theron het dít Woensdagaand sy eie gemaak.

Theron (4/27) se drie paaltjies in vier aflewerings in die laaste van Pakistan se toegelate 20 boulbeurte het dié span tot ‘n skamele 120/9 beperk in die tweede twintig20-wedstryd tussen dié lande.

Waar die Pakistanse kolwers eergisteraand grootliks vir hul eie ondergang verantwoordelik was, was dit gister ’n kliniese boul- en veldwerkvertoning deur die besoekers wat Pakistan krytvloer toe gestuur het.

Shahid Afridi en sy span het die tweede agtereenvolgende aand geen antwoord gehad nie op Lonwabo Tsotsobe (2/20) se onwrikbare lyn en lengte, Morné Morkel (1/22) se vaart en wip en Johan Botha (0/17) se slim afwisseling.

Theron het boonop ’n terugvegpoging in die doodsnikke deur Misbah-ul-Haq (33 lopies, 38 balle, 2x4, 1x6) en Zulqarnain Haider (17, 17b, 1x4) nek omgedraai deur albei dié kolwers én Umar Gul (0, 1b) binne die bestek van vier aflewerings kleedkamer toe te stuur.

Graeme Smith (38, 28b, 4x4) en Loots Bosman (11, 16b, 2x4) het die Proteas-lopiejaagtog flink afgeskop teen ’n omgesukkelde Shoaib Akhtar (0/18) en Gul (0/16) en Suid-Afrika was teen spertyd op 72/3 ná 14 beurte – en op koers na ’n reekssege met 2-0.

Selfs beter nuus vir die Protea-bestuur is dat Morkel die laaste van sy roes afgeskud het ná byna drie weke op die krukkelys weens ’n enkelbesering.

Dié hemelbesem het in die eerste blitswedstryd met sy ritme gesukkel en twee foutballe afgestuur, maar gisteraand was hy vir die grootste deel van sy boulskof haas onspeelbaar.

“Morné was uitstekend en ons almal was baie verlig dat hy sonder enige voorval deur sy boulbeurte kon kom,” het Botha agterna gesê.

“Hy is ’n uitmuntende speler en mens kon vandag sy reuse-bydrae sien nadat hy aanvanklik lekker verroes was in die eerste wedstryd.”

Volgens Botha hou die span nou asem op dat nóg twee van die giftigste pyle in die Proteas-koker, Dale Steyn en Jacques Kallis, hul opwagting in die eendagreeks maak.

Steyn, wat ernstige harsingskudding opgedoen het in die onlangse Kampioeneliga in Suid-Afrika, het reeds van ’n volle aanloop begin boul en behoort straks reeds sy terugkeer te maak wanneer die eerste van vyf kitswedstryde môreaand hier plaasvind.

Kallis kolf reeds geruime tyd, maar die afrigter, Corrie van Zyl, kan besluit om langer te wag voordat Kallis ook met die bal ingespan word.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Rudel sê... Kom Bulle nou vir daai laaste 5 punt op toer,ons kan afsluit met 15 punte Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.