Rekords skeel Jacques min

2011-11-20 07:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – "Jong ja, as jy so lank speel soos ek, dan moet jy maar seker een of ander tyd sulke rekords kan kry.”

Die beskeie manier waarop Jacques Kallis dít met ’n glimlag sê, is inderdaad opreg.

As jy so na hom sou kyk sonder om te weet dit is een van die kolosse van wêreldkrieket wat hier voor jou sit, sal jy nooit uit sy houding en lyftaal kon agterkom dat hy nou een van net vier kolwers in die geskiedenis van toetskrieket is wat meer as 12 000 lopies aangeteken het nie.

Maar dis nou maar hoe hy is en hoe hy sy krieket speel. Sonder enige tierlantyntjies.

Hy skroom ook nie om jou te laat weet dat jy dit altyd as ’n voorreg moet beskou om vir jou land te kan krieket speel, en nie as jou reg nie.

Die 54 wat hy Donderdag hier op die Wanderers in die Suid-Afrikaanse eerste beurt geslaan het, het sy totaal in sy 147ste toets tot 12 003 geneem.

In die proses het hy ook vir Brian Lara van die Wes-Indiese Eilande verbygesteek op die lys van voorste lopiemakers.

Lara was in die vierde plek met 11 953 lopies in 131 toetse.

Indië se Sachin Tendulkar is voor in die koor met 15 048 (182 toetse), gevolg deur sy landgenoot Rahul Dravid met 12 860 (158 toetse) en die Aussie Ricky Ponting (12 495 in 156 toetse).

Dis eintlik ironies dat iemand wat al soveel rekords syne gemaak het, erken dis nie iets waaraan hy hom steur nie.

“Ag wat, ek sal seker eendag gaan sit en tot die besef kom dit is seker iets besonders, maar nou beteken dit regtig nie vir my iets nie. Ek geniet dit net om krieket te speel en kompeterend te wees en my beste te lewer.
“Wat daarmee saamgaan, is vir my bysaak. Rekords is nog nooit iets wat my gepla het nie. Dit amuseer my altyd as mense so opgewonde raak oor rekords.

“Ek is maar net te bly ek kan nog krieket speel en dat ek dit steeds geniet. Daarom het ek nog nie eens daaraan gedink om uit te tree nie.

“Solank die genot en die opwinding in die spel nog daar is vir my, koester ek nog nie idees van klaarmaak nie.

“Ek word nog soggens wakker en kry daardie spesiale gevoel van opwinding oor die dag se krieket wat voorlê. Dis daai tinteling wat deur jou are bruis wat jou aan die gang hou.”

Sy gunsteling-toetshonderdtal by steeds daardie eerste een van hom in Melbourne in 1996 teen Shane Warne en Kie., toe hy ’n oorlewingstryd gelei het.

Suid-Afrika se voorste kolwer van alle tye – volgens die rekordboeke met sy 40 toetshonderdtalle, die naasmeeste ná Tendulkar se 51 – is inderdaad soos die profeet wat nie in sy eie land geëer word nie.

Omtrent al wat ’n “kenner” is en wat skaars die verskil tussen die voor- en agterkant van ’n kolf ken, het hulle nou al uitgelaat oor Kallis se kolfwerk.

Hy kolf kwansuis te stadig en “kolf net vir sy eie gemiddeld”. As jy in sy kolf-kokon ingaan, maak niks glo vir hom saak nie, nie eens wat in die belang van sy span is nie.

Al sê Kallis hy steur hom nie aan al dié snert nie, is dit byna ondenkbaar dat een van die heel grotes se vermoë so in twyfel getrek kan word.

Jacques Henry Kallis verdien dit nie – en wanneer hy eendag gaan stilsit en inneem wat hy in sy luisterryke loopbaan vermag het, sal selfs hý sy kop inskiklik moet skud.

Vir dié beskeie man sal dit dalk moeiliker wees om te doen as om boulers te kasty.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: jacques kallis  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.