Rekord wink vir Misbah se span

2012-02-03 09:27
Tweets Share Share line Print

Doebai. – Die Pakistani-krieketkaptein, Misbah-ul-Haq, glo dit sal ’n groot prestasie wees om Engeland as die wêreld se nommereen-toetsspan met 3-0 in die huidige toetsreeks in die Verenigde Arabiese Emirate te vermorsel.

Dié twee spanne is van vandag af in die derde en laaste toets hier slaags met Pakistan wat die eerste twee toetse en die reeks reeds beklink het.

Nog nooit in die geskiedenis van toetsreekse tussen dié twee lande, wat oor 58 jaar strek, het een van die spanne skoonskip in ’n reeks gemaak nie.

Pakistan het dus ’n gulde geleentheid om die rekordboeke te herskryf en boonop kan Engeland sy plek bo-aan toetskrieket se wêreldranglys verloor as hy weer die knie buig en Suid-Afrika klop Nieu-Seeland aanstaande maand.

Engeland sal vinnig ’n teenvoeter moet vind vir Pakistan se draaibalboulers as hy nóg ’n nederlaag wil afweer.

Saeed Ajmal spog met 17 paaltjies ná twee toetse en Abdur Rehman het 12 platgetrek.

Misbah sê Pakistan sal die reeks ook spoggerig wil afsluit.

“Dit sal ’n groot prestasie vir die span wees (om met 3-0 te wen).

“As ons soos in die eerste twee toetse speel, sal ons wen.

“Maar ons wil geensins daardie bykomende druk van ’n reekssege met 3-0 op ons laai nie,” het die 37-jarige Misbah gesê.

Misbah het in die nadraai van Pakistan se knoeiery-skandaal in Engeland in 2010 as kaptein oorgeneem en sedertdien het sy span agt wedstryde gewen en slegs een toets verloor.

Tog glo hy Engeland is steeds ’n goeie span en dat ’n derde oorwinning nie maklik gaan wees nie.

“Geen twyfel nie. Engeland is ’n goeie span en is nommer een in die wêreld en dit gaan nie maklik wees nie, want hulle gaan beter voorbereid wees. Maar ons gaan ons beste gee,” sê hy.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: pakistan krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.