Reën vertraag spel op Old Trafford
2012-09-10 21:12
Manchester – Reën het die begin van die tweede T20-wedstryd tussen die Proteas en Engeland by Old Trafford vertraag.
Die Engelse kaptein, Stuart Broad, het die loot gewen en besluit om te boul teen die Proteas.
Terwyl die snelbouler Steve Finn op pad was om die eerste bal van die wedstryd te boul het die reën egter begin neerval en is die spelers van die veld af gestuur.
Engeland het een verandering gemaak aan die span wat met sewe paaltjies teen die Proteas verloor het in die eerste T20-wedstryd Saterdag. Die sukkelende Ravi Bopara is met Luke Wright vervang.
Suid-Afrika het twee veranderinge aangebring. Faf du Plessis is deur Hashim Amla vervang en Lonwabo Tsotsobe is deur Morné Morkel vervang.
Die spanne lyk so:
Engeland:
Craig Kieswetter , Alex Hales, Luke Wright, Eoin Morgan, Jos Buttler, Jonathan Bairstow, Samit Patel, Stuart Broad (kaptein), Graeme Swann, Steven Finn, Jade Dernbach
Suid-Afrika:
Richard Levi, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers (kaptein), JP Duminy, Justin Ontong, Albie Morkel, Johan Botha, Robin Peterson, Dale Steyn, Morne Morkel
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP