Reën onderbreek spel in Bloem
2012-01-17 22:43
Bloemfontein – Die derde eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka in Bloemfontein is deur reën onderbreek.
Toe die seile uitgekom het, was Suid-Afrika met vier lopies voor volgens die Duckworth/Lewis-berekening, wat gebruik word wanneer wedstryde verkort moet word weens reën.
Suid-Afrika was in dié stadium nog 87 lopies agter, met vyf paaltjies staande. Sri Lanka het vroeër 266/9 aangeteken in 50 boulbeurte.
‘n Uur bykomende tyd word toegelaat onder die nuwe reëls, maar indien geen verdere spel moontlik is nie, sal Suid-Afrika met vier lopies wen en dus die reeks van vyf wedstryde 3-0 beklink.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA