Proteas wen met vyf paaltjies
2012-01-14 19:06
Oos-Londen – Die Proteas het Sri Lanka met vyf paaltjies geklop in die tweede internasionale eendag-wedstryd wat op Buffalo-park, Oos-Londen gespeel is.
Suid-Afrika, wat tans 2-0 voorloop in die reeks van vyf wedstryde, het die loot gewen en besluit om Sri Lanka eerste 'n kans met die kolf te gee.
Ten spyte van die feit dat Sri Lanka se Dhammika Prasad drie paaltjies geneem het, het Suid-Afrika nooit gelyk asof hulle in gevaar is nie.
Die volgende kragmeting vind Dinsdag in Bloemfontein plaas.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA