Proteas wen loot, kolf eerste
2012-08-24 12:31
Cardiff – Suid-Afrika het Vrydag die loot gewen en gekies om te kolf in die eerste eendagwedstryd van die reeks teen Engeland in Cardiff.
Die Proteas het besluit om Dale Steyn te laat rus terwyl Engeland Chris Woakes vir sy eerste tuiswedstryd in die plek van Stuart Broad gekies het.
Wayne Parnell is opgeroep om Steyn te vervang.
Engeland het hul laaste 10 eendagwedstryde gewen, maar sal deur Suid-Afrika as die beste eendagspan op die wêreldranglys vervang word, as die Proteas Vrydag wen.
Spel is 'n tydjie gelede gestaak weens ligte reën wat oor die veld uitgesak het.
Spanne:
Engeland:
Alastair Cook (kaptein), Ian Bell, Jonathan Trott, Ravi Bopara, Eoin Morgan, Craig Kieswetter (paaltjiewagter), Tim Bresnan, Chris Woakes, Graeme Swann, James Anderson, Steven Finn
Suid-Afrika:
Graeme Smith, Hashim Amla, Dean Elgar, AB de Villiers (kaptein & paaltjiewagter), JP Duminy, Faf du Plessis, Ryan McLaren, Robin Petersen, Wayne Parnell, Morne Morkel, Lonwabo Tsotsobe
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.