Proteas wen in dramatiese stryd teen Indië
2011-03-12 23:30
Nagpur - Die Suid-Afrikaanse krieketspan het Indië Saterdag in 'n dramatiese Wêreldbeker-groepwedstryd in Nagpur, met 3 paaltjies geklop.
Robin Peterson het die wenlopies aangeteken vir 'n wentelling van 300/7 met twee balle wat oorbly.
Dié oorwinning verseker die Proteas so te sê van 'n plek in die Wêreldbeker-kwarteindrondes.
Indië is vroeër vir 296 lopies in 48.4 beurte uitgeboul, nadat hulle hul laaste nege paaltjies vir slegs 29 lopies verloor het.
Dale Steyn is as speler van die wedstryd aangewys nadat hy vyf paaltjies tydens Indië se kolfbeurt laat kantel het.
Suid-Afrika se laaste twee groepwedstryde is Dinsdag teen Ierland en volgende Saterdag teen Bangladesj.
Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24
Neem deel aan die meningspeiling hieronder oor die televisie-kommentators in hierdie wedstryd.
Stem
Hoe sou jy Boeta Dippenaar se kommentaar beskryf in dié kragmeting.
Stem
Hoe sou jy Jeremy Fredericks se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Deon Kruis se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Mike de Villiers se kommentaar beskryf in dié kragmeting?
Stem
Hoe sou jy Kotie Grove se kommentaar beskryf in dié kragmeting.