Proteas verloor twee paaltjies
2013-02-01 12:14
Johannesburg – Suid-Afrika het Vrydag die loot gewen en besluit om eerste te kolf op dag een van die eerste toets teen Pakistan op die Wanderers in Johannesburg.
Alviro Peterson is eerste kleedkamer toe gestuur toe hy deur Junaid Khan vir 20 lopies uitgeboul is.
Graeme Smith, wat in sy 100ste toets as kaptein van 'n toetsspan speel, is kort daarna vir 24 lopies deur Umar Gul uitgehaal.
Suid-Afrika se telling na 19.4 beurte is 50/2 met Hashim Amla (0) en Jacques Kallis (4) voor die paaltjies.
Pakistan se naatboulers Umar Gul, Junaid Khan en Rahat Ali oefen tans baie goeie druk uit op die Protea-kolwers.
Spanne:
Suid-Afrika:
Graeme Smith (kaptein), Alviro Petersen, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers, Faf du Plessis, Dean Elgar, Robin Peterson, Vernon Philander, Dale Steyn, Morne Morkel.
Pakistan:
Mohammed Hafeez, Nasir Jamshed, Azhar Ali, Younis Khan, Misbah-ul-Haq (kaptein), Asad Shafiq, Sarfraz Ahmed, Umar Gul, Saeed Ajmal, Junaid Khan, Rahat Ali.
Volg die telling regstreeks op Nuus24 se sportblad.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA