Proteas verlep ná skittervertoning deur Petersen

2010-02-14 12:44
Tweets Share Share line Print

Kolkata – Suid-Afrika het vinnig hul paaltjies verloor ná 'n kragtoer deur die debuutspeler Alviro Petersen en Hashim Amla wat elk Sondag 'n hondertal geslaan het in die tweede en finale toets teen Indië.

Suid-Afrika was 266-9 in die eerste beurt toe die spel as gevolg van slegte lig beëindig is op die openingsdag van die toets. Die Proteas het sewe paaltjies vir 32 lopies verloor n á teetyd.

Petersen het geskitter deur 100 lopies aan te teken en Amla was nie uit nie op 114.

Die Proteas het vir die tweede keer in die reeks die loot gewen en was teen teetyd by 228-2 op die openingsdag by Eden Gardens in Kolkata voordat dinge begin skeefloop het.

Petersen en Amla het die goeie kolftoestande benut en het 209 lopies vir die tweede paaltjie tot die telling bygevoeg nadat Graeme Smith in die derde boulbeurt uitgeboul is.

Smith, wat gekies het om ten spyte van ‘n gekraakte vinger in die belangrike toetswedstryd te speel het vier lopies aangeteken voordat hy deur Zaheer Khan skoongeboul is.

Petersen het op die nippertjie ‘n kans gekry om in sy eerste toets te speel toe Mark Boucher weens rugspasmas nie kon speel nie.
Hy het homself met ‘n indrukwekkende honderdtal en 16 grenshoue bewys.

Die 29-jarige kolwer van Port Elizabeth is maar net die derde Suid-Afrikaner, naas Andrew Hudson en Jacques Rudolph, wat in sy debuutwedstryd ‘n honderdtal aangeteken het.

Hy het al 10 internasionale eendagwedstryde gespeel en handhaaf ‘n gemiddeld van 48.85 lopies.

Kort ná sy honderdtal is Petersen van Zaheer Khan se boulwerk deur paaltjiewagter Mahendra Singh Dhoni uitgevang.

Suid-Afrika hoef net gelykop te speel om die titel as die wêreld se top toetsspan by Indië oor te neem.

- Sapa
 

Lees meer oor: proteas  |  alviro petersen  |  indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Louis sê... Die woordjie "voormalige WP speler" beteken nou niks, hy is 'n volwaardige Bul. As 'n Speler 'n Provinsie verteenwoordig is hy 'n Bul of 'n Lion ens. Voormalig verby, "lost goodbye". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.