Proteas sluit beurt in Doebai
2010-11-15 15:18
Doebai - Die Proteas het Maandag op die vierde dag van die eerste kriekettoets in Doebai, hul tweede beurt op 318/2 gesluit om 'n teiken van 451 lopies aan Pakistan te stel.
Jacques Kallis het die beurt op 135 lopies geëindig. En Hashim Amla het 'n stewige 118 lopies bygedra.
Kallis én Amla het geskitter in hul vennootskap van 242 lopies om die derde paaltjie.
Pakistan se telling teen teetyd was 109/2 na 42 beurte.
Spanne:
Pakistan:
Taufeeq Umar, Mohammad Hafeez, Younis Khan, Azhar Ali, Misbah-ul-Haq (captain), Umar Akmal, Adnan Akmal (paaltjiewagter), Abdur Rehman, Wahab Riaz, Umar Gul, Saeed Ajmal.
Suid-Afrika:
Graeme Smith (kaptein), Alviro Petersen, Jacques Kallis, Hashim Amla, AB de Villiers, Ashwell Prince, Mark Boucher (paaltjiewagter), Johan Botha, Paul Harris, Dale Steyn, Morne Morkel.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24