Proteas val vas teen Australië
2012-09-30 15:19
Kaapstad – Die Australiese krieketspan het Suid-Afrika Sondag met agt paaltjies in die T20-Wêreldbeker se Super agt-kragmeting in Colombo, Sri Lanka, geklop.
George Bailey, Australië se kaptein, het die loot gewen en Suid-Afrika ingestuur om eerste te kolf.
Die Proteas het 'n wentelling van slegs 146 lopies aan hul opponente gestel.
Spanne:
Australië: George Bailey (kapt.), David Warner, Shane Watson, Matthew Wade, Michael Hussey, Cameron White, Glenn Maxwell, Brad Hogg, Xavier Doherty, Mitchell Starc, Pat Cummins.
Suid-Afrika: AB de Villiers (kapt.), Hashim Amla, Farhaan Behardien, Johan Botha, JP Duminy, Jacques Kallis, Richard Levi, Morne Morkel, Wayne Parnell, Robin Peterson, Dale Steyn.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24.
- Sapa - AFP