Proteas trek Imran Tahir nader
2012-11-21 10:24
Adelaide – Suid-Afrika se kaptein Graeme Smith gaan op die bybreekbouler Imran Tahir staatmaak om Australië se linkerhand-kolwers 'n moeilike tyd in Adelaide te gee.
Die Proteas het twee veranderings vir Donderdag se toets op die Adelaide Oval gemaak deur Tahir en Faf du Plessis in die span op te neem.
Tahir vervang Rory Kleinveldt terwyl Du Plessis in die beseerde JP Duminy se plek speel.
Australië het vyf linkskolwers en die Proteas gaan op Tahir staatmaak om 'n impak te maak nadat hy weggelaat is uit die eerste toets weens 'n mak kolfblad in Brisbane.
Die 33-jarige, wat in Pakistan gebore is, het 26 paaltjies in 10 toetse platgetrek sedert hy sy debuut verlede jaar in Kaapstad gemaak het.
Lees verder.
So lyk die span:
Graeme Smith (kaptein), Alviro Petersen, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers, Jacques Rudolph, Faf du Plessis, Vernon Philander, Dale Steyn, Morne Morkel, Imran Tahir.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24
- AFP