Proteas teen die toue

2011-12-28 10:03
Tweets Share Share line Print

Durban. – Nóg ’n Suid-Afrikaanse kolfineenstorting het dié krieketspan se harde werk in die eerste toets teen Sri Lanka ongedaan gemaak én die glans van Marchant de Lange se rekord-boulvertoning gister hier laat verdof.

Só het ’n teleurgestelde Hashim Amla erken. Hy was die enigste kolwer wat op Kingsmead kon hond haaraf maak in die Proteas se karige eerste beurt van 168 op die tweede dag van die tweede toets.

Die tuisspan het sy laaste 7 paaltjies vir net 65 lopies verloor en is reeds ’n yslike 177 agter die besoekers – op ’n kolfblad wat ál meer onvoorspelbaar raak.

“Ek wens ek het geweet waarom ons weer só swak gekolf het, want dan sou ons nie in dié benarde posisie gewees het nie,” het Amla gesê.

“Die span is bitter teleurgesteld, veral nadat ons so goed gedoen het in Centurion en Marchant-hulle so goed geboul het.”

Die tuisspan is met 1-0 voor in die reeks van drie toetse nadat hy die eerste kragmeting op SuperSportpark met ’n beurt en 81 lopies gewen het. Tog veg hy vandag om oorlewing op dieselfde kolfblad waarop De Lange se boulsyfers van 7/81 vroeër van hom die Suid-Afrikaanse bouler gemaak het met die derde beste ontleding in sy eerste toets.

Danksy Amla se 54 en sy vennootskap van 76 lopies om die vierde paaltjie met AB de Villiers (25) het die span boonop ’n reuse-tree nader gegee aan ’n eerste reekssege in sy agterplaas in meer as drie jaar.

Dít nadat Jacques Rudolph (7) se stormagtige tweede huwelik met die toetsspan voortgeduur en twee SA swaargewigte, Graeme Smith (15) en Jacques Kallis (0), boonop binne nege aflewerings uitgehaal is.

Die Kingsmead-kolfblad het egter in ’n oogwink van bondgenoot na begraafplaas verander, toe De Villiers én Amla kort ná die teetyd die aftog geblaas het.

“Ons het nie naastenby so goed aangepas by die toestande as wat ons moes nie en ’n paar van ons het ons paaltjies goedkoop weggegee. Ons gaan egter nie net probeer om die toets te red (met ’n onbesliste uitslag) nie, want daar is nog soveel tyd oor dat daar ’n uitslag sál wees,” het Amla gesê.

Dale Steyn se vennootskap met die stertkant-kolwers Imran Tahir (11) en De Lange (9) – wat Suid-Afrika gered het van die vernedering van ’n opvolgbeurt – was boonop ’n sielkundige hupstoot, meen dié KwaZulu-Nataller. “Paaltjies is nou ál wat gaan help en as ons môre vroeg kan toeslaan en daarna ons kolfwerk kan regruk, kán ons nog wen.”

* 195 is Suid-Afrika se gemiddelde eerstebeurt-telling in sy laaste vier toetse op Kingsmead.

* 29% van die Proteas se 168 lopies is gister deur die stert-kolwers Dale Steyn, Imran Tahir en Marchant de Lange aangeteken.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.