Proteas se hoop rus op draaiers

2010-11-16 08:33
Tweets Share Share line Print

Aboe Dhabi - Suid-Afrika se wenhoop in die eerste kriekettoets teen Pakistan rus vierkant op die skouers van Johan Botha en Paul Harris, glo Hashim Amla.

Agt paaltjies staan vandag (Dinsdag) tussen die Proteas en ’n voorsprong van 1-0 in die reeks van twee wedstryde nadat Amla en Jacques Kallis die Pakistanse boulaanval met ’n onoorwonne vennootskap van 242 lopies om die derde paaltjie tot oorgawe geboelie het.

Die besoekers het hul tweede beurt op 318/2 gesluit verklaar en daarna boonop ’n dubbele deurbraak bewerkstellig om die Pakistani’s op 109/2 te laat wankel – steeds 342 lopies kort van die wenteiken van 451.

“Die draaiers sal die meeste van die boulwerk moet doen, aangesien dit glad nie maklik was om vrylik lopies aan te teken nie,” het Amla gesê.

“Selfs toe ek en Jacques op ons heel gemaklikste was, moes ons ’n keer of wat bontstaan teen aflewerings wat skerp gedraai of besonder laag deurgeskiet het.”

Hulle het die Suid-Afrikaanse beurt Maandagoggend op 139/2 hervat en – met twee enkele uitsonderings – geen moeite ondervind nie op pad na albei se vierde honderdtalle vanjaar.

Trouens, die enigste ongemak wat daar in die Protea-kleedkamer was, was waarskynlik dié van arme AB de Villiers wat vir meer as vier uur lank met sy beenskutte aan moes sit en toekyk hoe sy kolfkans met elk van die 22 grenshoue tussen dié kolfpaar ál meer onwaarskynlik word.

Amla (118* lopies, 225 balle, 10x4) het die driesyfer-kerf die 11de keer in sy loopbaan verbygesteek, terwyl Kallis (135*, 218 b, 8x4, 4x6) met sy 36ste honderdtal nou in die nek blaas van Ricky Ponting (39).

Die Pakistanse kolfbeurt het byna rampspoedig begin toe Dale Steyn (1/49) in die derde beurt byna vir Mohammad Hafeez voor sy paaltjies betrap het, maar die skeidsregter, Daryl Harper, was nie oortuig nie.

Nie eers dié skeidsregter kon Hafeez (34, 47 b, 5x4) tien beurte later red nie toe ’n Steyn-juweel die buiterand van sy kolf gevind en Mark Boucher agter die paaltjies raakgevat het.

Met die uitskeityd reeds in sig, het Botha (1/27) ’n wilde dryfhou deur die gewoonlik waaksame Taufeeq Umar (22, 93 b, 3x4) uitgelok vir Kallis om ’n moeilike vangkans op eerste glip te benut.

Volgens Amla sal Steyn en sy mede-snelboulers vandag ook op omgekeerde swaai moet staatmaak, met die tweede nuwe bal wat oor 40 boulbeurte geneem kan word.

“Daar is nie juis veel in die blad waaroor die vinnige ouens opgewonde sal raak nie en daarom moet ons snelboulers die bal deur die lug laat beweeg,” het hy gesê.

“Ek is vol vertroue dat dit wel sal gebeur.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.