'Proteas nie só vrot'

2010-12-30 08:05
Tweets Share Share line Print

Durban - Die Suid-Afrikaanse krieketspan was g’n so vrot as wat die telbord in die tweede toets teen Indië sê nie.

Graeme Smith, die Proteas-kaptein, het Woensdag erken sy span se droewige eerste kolfbeurt het hom duur te staan gekom, maar volgehou dat dié kragmeting maklik anders kon uitgedraai het.

Die Proteas het met 87 lopies vasgeval en móét nou in die beslissende toets in Kaapstad seëvier om die reeks te beklink.

Die tuisspan is in sy eerste beurt vir net 131 uitgeknikker en moes Woensdag 303 lopies vir ’n sege aanteken op ’n kolfblad vol wip en vaart en met die toerspan se snelboul-duo, Zaheer Khan en Sree Sreesanth, stewig op dreef.

Hulle kon eindelik net by 215 uitkom, met net AB de Villiers en Ashwell Prince wat enige noemenswaardige bydraes met die kolf kon lewer.

"Ons het die wedstryd reeds op die tweede dag verloor, want dié was nie die soort kolfblad waarop jy vir 131 uitgeboul moet word nie,” het Smith gesê.

“Selfs al kon ons net naby aan hul eerstebeurt-telling kom, sou ons ’n veel beter kans gehad het om te wen.”

Volgens hom is dié nederlaag nie ’n sielkundige knou vir die Suid-Afrikaners nie.

“Indië het uitstekend geboul en beter as ons gevaar in die sleuteloomblikke, maar hulle het self nie juis die wêreld aan die brand gekolf nie.

“Ons kolwers het eenvoudig net te veel los houe gespeel, terwyl ons eerder in dié toestande meer waaksaam moes wees.”Volgens hom is dit terug na die tekenbord voordat die Nuweland-stryd Sondag begin.

“Enigeen van die twee spanne kon vandag (Woensdag) nog wen en ons was boonop ongelukkig dat ’n paar skeidsregterbeslissings nie ons kant toe gegaan het nie,” het Smith gesê, nadat De Villiers én Mark Boucher verkeerdelik been voor paaltjie uitgegee is.

Smith het ook gesoebat dat die skeidsregter-verwysingstelsel eersdaags weer ingespan word.

Dié stelsel, waarvolgens elke span ’n ’n beperkte aantal twyfelagtige beslissings na ’n televisieskeidsregter kan verwys, word nie in dié reeks gebruik nie nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Indiese Krieketraad (BCCI) nie daarop ooreen kon kom nie.

“Ek glo die Internasionale Krieketraad (IKR) moet nou verantwoordelikheid neem vir die aanwending daarvan, want dit kan beslis nie aan die onderskeie bestuursrade oorgelaat word nie,” het Smith gesê.

“As hulle wil hê ons moet dit gebruik, dan moet dit in elke reeks ingespan word en nie net elke sesde of sewende reeks nie. Dít bevoordeel niemand nie.”

Volgens hom het die Suid-Afrikaners se plan om die toerspan op ’n hulpvaardige blad te pak ook nie geboemerang nie.“Dis nie asof ons sukkel teen vaart en wip nie, want ons het daarmee grootgeword,” het hy gesê.

“Ons het verwag dat Indië veel beter sou wees as in Centurion, maar ons het net ver benede ons beste gespeel die laaste vier dae.

Gelukkig het ons nie té veel tyd om te tob daaroor nie.

- Sport24

Lees meer oor: graeme smith  |  sport  |  krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.