Proteas moet pasop – Mickey

2011-09-28 07:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Mitchell Johnson sal weer ’n bedreiging inhou vir Suid-Afrika se krieketspan, al is daar kritiek oor sy spelpeil, het die voormalige Proteas-breier Mickey Arthur gewaarsku.

Die Australiese toerspanne, wat in Oktober en November in Suid-Afrika speel, word later vandeesweek aangekondig.

Arthur het hom by diegene aangesluit, wat sê Suid-Afrika is net die plek vir Johnson om sy spelpeil te herwin.

“Hy geniet dit werklik om in Suid-Afrika te boul,” het Arthur aan Sport24 gesê.

Johnson was met die Aussies se vorige besoek die toerspan se topbouler met 16 paaltjies in die drie toetse.

Hy het op die onlangse toer in Sri Lanka nie te waffers vertoon nie en net ses paaltjies in die drie toetse geneem.

Die voormalige boulafrigter Troy Cooley, wat gister deur Krieket Australië as waarnemende afrigter vir die toer na Suid-Afrika aangewys is, is dit eens dat die Suid-Afrikaanse speeltoestande Johnson kan help om weer op stryk te kom.

“Ek dink die toestande daar pas die snelboulers en dat die plekke waar ons gaan speel, hulle beslis sal bevoordeel,” het Cooley met sy aanstelling gesê.

Die twee toetse teen die Proteas word beslis in November op Nuweland in Kaapstad en die Wanderers in Johannesburg, waar Johnson hoeka met bal en kolf gedy het.

Cooley, tans nog aan die stuur van die prestasiesentrum in Brisbane, is vanweë sy noue verbintenis met die spelers op ’n tussentydse grondslag betrek nadat Tim Nielsen verlede week as hoofbreier bedank het.

Arthur het die kolwer Shaun Marsh ook uitgesonder as iemand waarvoor Suid-Afrika op die uitkyk moet wees.

Dié toporde-kolwer, wat onder Arthur se afrigting vir Wes-Australië speel, het op die Austra­liërs se afgelope toer in Sri Lanka sy toetsbuiging met 141 lopies in die tweede toets gemaak.

“Ek is vanselfsprekend bevooroordeeld, maar Shaun is ’n fantastiese speler,” het die gewese Suid-Afrikaanse afrigter gesê.

Arthur maak ook melding van die jong snelbouler Patrick Cummins wat dalk gekies kan word.

Cummins, wat nou vir die NSW-span in die Kampioeneliga speel, is ’n uitstekende vinnige bouler, volgens Arthur.

“Hy is 18 jaar oud en gaan ’n goeie speler word.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: mickey arthur  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.