Proteas laat aap uit mou

2010-02-04 10:01
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Nagpur - Die Proteas se snelboulers gaan straks bloedsweet vir hul paaltjies in die eerste toets wat Saterdag hier begin.

Kepler Wessels, die Proteas se kolfkonsultant en keurder, het gister ná afloop van die oefenwedstryd hier gesê hulle sal eers vanoggend oor die finale samestelling van die span en die boulaanval besluit nadat hulle nóg ’n keer na die plaaslike toestande gekyk het.

“Corrie (Van Zyl, afrigter) het vandag na die blad gaan kyk en dit gaan ’n stadige blad met min wip wees. Dit gaan beslis die draaiers help,” meen Wessels.

Dis regtig moeilik om te weet wat om te verwag van die kolfblad. Daar is nie veel statistieke om op terug te val nie aangesien die komende toets slegs die tweede in die nuwe Vidarbha-stadion net buite die stad is.

Australië het in November 2008 hier vasgeval en dit was ’n wedstryd waarin die draaiers gedy het.

Die Aussie-wegbreekbouler Jason Krejza het 12 paaltjies in die toets laat kantel, terwyl die Indiese draaiers Harbhajan Singh en Amit Mishra saam ook 12 paaltjies geneem het.

Die twee Aussie-blitse, Brett Lee en Mitchell Johnson, het deurgeloop in die toets en die Proteas se vinniger manne gaan hul beste peil bitter vinnig moet bereik.

Die toestande kan egter beteken dat die Proteas met twee draaiers die toets binnegaan. As die keurders egter gaan besluit om Indië met drie blitsboulers – Dale Steyn, Morné Morkel en Wayne Parnell – aan te durf, kan Johan Botha ’n verrassende terugkeer tot die beginspan maak.

Die Proteas het gister die aap uit die mou oor hul spesialis-draaier van voorkeur gelaat toe Botha op nr. 8 teen die Indiese Raadselftal gaan kolf het. Harris is glad nie kolfkans gegee nie.

Dit sal ook interessant wees om te sien wat die Proteas se taktiek gaan wees. Die Indiese media maak ’n groot bohaai oor ’n verwagte opslagbal-aanval deur die Suid-Afrikaners. As die blad egter sulke boulwerk gaan teenwerk, gaan die Proteas beslis ’n Plan B nodig hê.

Die oefenwedstryd het gister onbeslis geëindig met Suid-Afrika wat vir 354 uitgeboul is. Die totaal is effe vleiend vir die tuisspan aangesien Hashim Amla (72*; 168 minute, 122 balle, 12x4) en Jacques Kallis (63*; 69 m, 58 b, 8x4, 3x6) uitgetree het ná goeie vertonings om ander kolwers kans te gee om aan die toestande gewoond te raak.

Gevaarligte het egter ook geflikker vir die Suid-Afrikaners ná ’n ineenstorting teen die Raads¬elftal se draaiers.

Die Proteas het 5 paaltjies vir net 40 lopies verloor nadat AB de Villiers kort voor tee uit is. Dale Steyn het ’n paar reuse-sesse teen die einde geslaan om seker te maak dat die telling darem verby die 350 getrek het.

Wessels was nietemin in sy noppies met die vertoning.

“Ons toporde-kolwers het almal goeie tyd voor die penne deurgebring. Ashwell (Prince) het goed gelyk en sy tegniek was uitstekend,” sê Wessels.

“Ek was ook bly dat JP Duminy goed gekolf en veral dat hy ingekom het teen die draaiers. Dit gaan waarskynlik in die toetse ook gebeur,” meen Wessels.

Sport24
 

Lees meer oor: krieket  |  sa in indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Dante sê... Ek moet darem vir die Stormers n lansie breek. Jy sal opmerk dat al die spanne hul spelpatroon drasties wysig wanneer hulle teen die Stormers speel. Almal (selfs die Crusaders) het skoptaktiek gebruik toe hulle teen ons speel. Dit dwing die Stormers om die veilige opsie te neem en die wedstryde "versigtig" af te sluit. Ons speel ook geweldig baie 7-uur wedstryde en die veld is gevolglik baie nat. Glo my, die Stormers gaan, wanneer hulle teen die bulletjies op n droë Loftus speel, baie hardloop. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: °C
Jhb: °C Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.