Proteas kry vars gesigte vir T20
2012-12-13 09:38
Kaapstad – Suid-Afrika se krieketheld Faf du Plessis sal AB de Villiers, wat 'n ruskans kry, as kaptein van die Proteas se twintig20-span vir die reeks teen Nieu-Seeland vervang.
Die Proteas se eendagwedstryde is op 21 Desember in Durban, 23 Desember in Oos-Londen en 26 Desember in Port Elizabeth.
So lyk die span:
Faf du Plessis (kaptein), Farhaan Behardien, Henry Davids, Quinton de Kock, AB de Villiers,
Rory Kleinveldt, Richard Levi, David Miller, Morne Morkel, Chris Morris, Wayne
Parnell, Robin Peterson, Aaron Phangiso, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24