Proteas kolf eerste in PE
2012-12-26 15:00
Johannesburg – Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf in die laaste t20-wedstryd teen Nieu-Seeland in Port Elizabeth.
Die reeks van drie wedstryde is gelykop op een elk.
Justin Ontong het Richard Levi in die span vervang en sal in die middelorde speel. Nieu-Seeland se span wat die reeks gelykop gespeel het, is onveranderd. Die span het Sondag in Oos-Londen met agt paaltjies gewen.
Die spanne:
Suid-Afrika: H. Davids, F. du Plessis (kaptein), Q. de Kock (paaltjiewagter), F. Behardien, D. Miller, R. Peterson, J. Ontong, R. McLaren, R. Kleinveldt, A. Phangiso, M. Morkel.
Nieu-Seeland: R. Nicol, M Guptill, B. McCullum (kaptein/paaltjiewagter, J. Franklin, C. Munro, C. Anderson, N. McCullum, J. Neesham, D. Bracewell, R. Hira, M. McClenaghan.
– Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA