Proteas karnuffel Kiwi's
2012-12-22 08:00
Durban – Suid-Afrika het die Nieu-Seelandse toerspan Vrydag in Durban met 'n eensydige agtpaaltjie-oorwinning verneder in die eerste van drie t20-wedstryde.
Die gasheerspan het hul opponente vir slegs 86 lopies uitgehaal voordat kaptein Faf du Plessis (38 n.u.n) en die jongeling Quinton de Kock (28 n.u.n) die Proteas na 'n oorwinning gestuur het.
Ses van Nieu-Seeland se top-sewe kolwers is vir enkellopies uitgeboul.
Rory Kleinveldt het drie paaltjies vir die verlies van slegs 18 lopies geneem en die draaibouler Robin Peterson was Suid-Afrika se mees ekonomiese bouler met syfers van 2/8.
Die tweede t20-wedstryd tussen die twee spanne vind Sondag in Oos-Londen plaas.
Spanne:
Suid-Afrika: Henry Davids, Richard Levi, Quinton de Kock (paaltjiewagter), Faf du Plessis (kaptein), David Miller, Farhaan Behardien, Robin Peterson, Ryan McLaren, Chris Morris, Rory Kleinveldt, Dale Steyn.
Nieu-Seeland: Rob Nicol, Peter Fulton, Brendon McCullum (kaptein/paaltjiewagter), James Franklin, Corey Anderson, Nathan McCullum, Jimmy Neesham, Colin Munro, Doug Bracewell, Mitchell McClenaghan
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Reuters