Proteas hou asem op oor seer Amla

2011-11-29 07:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die afgelope toetsreeks tussen Suid-Afrika en Australië het ook sy tol onder die Proteas geëis.

Altesaam vyf Aussie-spelers wat in die twee toetse in aksie was, kon nie vir vandeesweek se eerste toets teen Nieu-Seeland oorweeg word nie.

Suid-Afrika het nie heeltemal ongedeerd daarvan afgekom nie. Daar heers ’n mate van kommer oor die kolwer Hashim Amla se voorarmbesering.

Die spanbestuurder, Mohammed Moosajee, glo die Proteas se voorste kolwer in die reeks, wat ’n honderdtal in elke toets aangeteken het, behoort – indien alles reg verloop – betyds te herstel vir die eerste toets teen Sri Lanka.

Die eerste van drie toetse teen die Sri Lankane begin op 15 Desember in Centurion.

Moosajee sê Amla is beseer toe die hotklou-naatbouler Mitchell Johnson hom in die tweede toets op die Wanderers in Suid-Afrika se eerste beurt teen die arm raakgeboul het.

“Dit het ná die tyd baie geswel en ons het hom met pynstillers deur die res van die toets gekry,” sê Moosajee.

“Hoewel die X-straalplate aangedui het daar is nie enige krake nie, het ’n daaropvolgende skandering gewys van die weefsel is beskadig.

“Ons het hom toe as voorsorgmaatreël onttrek aan enige deelname vir sy franchise in die plaaslike eendagreeks.”

Mosajee sê daar sal nie met Amla gewaag word voor die eerste toets nie, mits hulle voel dit is nodig om die besering te beproef.

Alviro Petersen behoort ná sy 190 lopies in die Lions se twee kitswedstryde in die naweek weer betrek te word as Amla nie voldoende herstel nie.

Andrew Hudson, die sameroeper van die nasionale keurders, sê hulle is bewus van Amla se besering.

“Die aanvanklike verslag was dat dit tussen twee en drie weke sal neem om voldoende te herstel.

“Ons hoop hy herstel spoedig,” sê Hudson.

Die keurderbaas het gesê Sri Lanka se meerdaagse opwarmwedstryd in Benoni ter voorbereiding vir die toetsreeks sal nie meer teen ’n volwaardige Suid-Afrikaanse A-span wees nie.

Dit is omdat die wedstryd op dieselfde dag as die Eendagbeker-reeks se eindstryd begin.

“Met twee van ons franchise-spanne wat daardie dag in aksie is, het ons besluit om eerder ’n uitnodigingspan as ’n A-span vir dié wedstryd te kies.”

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: hashim amla  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.