Proteas eis verskoning van Engelse krieketraad
2012-10-10 16:00
Kaapstad – Die Proteas se toetskaptein, Graeme Smith, het bewerings dat die Suid-Afrikaners Kevin Pietersen opsetlik uitgelok het om "neerhalende" sms-boodskappe te stuur, ten sterkste ontken.
Die uitvoerende hoof van die Engelse krieketraad (ECB), David Collier, het Sondag in 'n radio-onderhoud gesê dat daar 'n "opsetlike poging" was om Pietersen te probeer uitvang.
"Ons roem ons daarop dat ons 'n span is met waardes," het Smith in 'n verklaring, wat Dinsdag wat deur die Suid-Afrikaanse krieketspelersvereniging (Saca) uitgereik is, gesê.
"Ons speel hard, maar ons is regverdig en enige voorstelle dat ons dit as 'n taktiek gedoen het is ongevraagd en onnodig."
Saca se uitvoerende hoof, Tony Irish, het bevestig dat hy sowel as die nasionale spelers 'n verskoning van Collier verwag vir die uitlatings wat hy gemaak het.
Lees die volledige artikel hier.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24