Proteas doen dit wéér
2012-08-28 21:54
Kaapstad – Suid-Afrika het amptelik die nommer-een eendagspan op die wêreldranglys geword nadat die Proteas Engeland met 80 lopies geklop het deur hulle in Southampton vir slegs 207 lopies uit te boul.
Suid-Afrika is ook die eerste span ooit om al drie nommer-een-plekke in wêreldkrieket gelyktydig te beklee.
Die Proteas het vroeër 287/5 aangeteken in hulle kolfbeurt in die tweede eendagwedstryd teen Engeland.
Hashim Amla het 150 lopies van net 124 balle af gemoker.
Lonwabo Tsotsobe het die Engelse kaptein, Alastair Cook, met geen lopies agter sy naam uitgeboul.
Engeland moet die reeks wen om weer hul nommer-een-plek terug te kry.
Spanne:
Engeland:
Alastair Cook (kaptein), Ian Bell, Jonathan Trott, Ravi Bopara, Eoin Morgan, Craig Kieswetter (paaltjiewagter), Tim Bresnan, Chris Woakes, Graeme Swann, James Anderson, Steven Finn
Suid-Afrika:
Graeme Smith, Hashim Amla, Dean Elgar, AB de Villiers (kaptein & paaltjiewagter), JP Duminy, Faf du Plessis, Ryan McLaren, Robin Petersen, Wayne Parnell, Morne Morkel, Lonwabo Tsotsobe
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.