Proteas beveilig ná terreuraanval

2010-02-15 06:55
Tweets Share Share line Print

Sapa-AFP

Pune (Indië). – Die veiligheidsreëlings rondom die Suid-Afrikaanse krieketspan is verskerp nadat nege mense dood en 60 beseer is in ’n bomontploffing in ’n restaurant in die weste van Indië.

Hindoe-leiers het Sondag daarop aangedring dat vredesonderhandelings met Pakistan gestaak word na dié aanval.

Die ontploffing eergister was die eerste groot terreuraanval in dié land sedert die Moembaai-slagting van November 2008.

Dit het die Duitse restaurant in die stad Pune, 200 km suidoos van Moembaai, aan flarde geruk. Die bom is in ’n rugsak onder ’n tafel versteek voordat dit om 19:30 in die German Bakery-restaurant, ’n gewilde bymekaarkomplek vir jong Indiërs en buitelandse toeriste, ontplof het.

Dit is naby Chabad-huis, ’n Joodse kulturele en godsdienstige sentrum van die ortodokse bewe­ging Chabad-Lubavitch. Hierdie groep is in die Moembaai-aanval geteiken.

Twee buitelanders, ’n Italianer en ’n Irannees, tel onder die nege mense wat in die jongste aanval dood is. Twaalf van die 60 beseerdes is buitelanders en die res is Indiërs. Die toeriste is onder meer van Iran, Soedan, Taiwan, Duitsland en Nepal.

Die sekuriteitsvlakke in Indiese deelstate en op lughawens is dadelik verskerp

Nasionalistiese Hindoe-leiers blameer Pakistan vir die aanval en het geëis dat die regering volgende week se vredesonderhandelings, wat volg op die aanvalle in Moembaai in November 2008, af­stel. Pakistan se regering het nog nie daarop gereageer nie.

Die tydsberekening van die aanval is kritiek, aangesien Indië en Pakistan pas die vorige dag besluit het om die amptelike vredesgesprek te hervat.

In November 2008 is minstens 125 mense dood en 300 beseer toe tientalle jong militantes met outomatiese ge­were en handgranate in ’n rubberboot in Moembaai aangekom en oor die finansiële en toeristekern versprei het.

Hulle het ’n voertuig opgekommandeer, op verbygangers losgebrand en wild geskiet by ’n spoorwegstasie, hospitale en die Café Leopold, ’n gewilde kuierplek vir toeriste.

Niemand is nog weens die jongste voorval in hegtenis geneem nie. 

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.