Proteas: ABsoluut briljant

2011-11-20 08:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die ganse Wanderers was dalk in pienk getooi, tog was één kleur Saterdag in die Bullring op die Australiese krieketspan van toepassing – pimpel-en-pers.

Want danksy ’n onverbeterlike vennootskap van 139 lopies om die vierde paaltjie tussen Hashim Amla en AB de Villiers, is die Aussie-boulers se gô nou finaal uit en is die Suid-Afrikaners binne trefafstand van toetsgeskiedenis.

Amla (89* lopies, 206 balle, 13x4) en De Villiers (70*, 122 b, 10x4, 1x6) sal die Proteas se tweede beurt vanoggend hervat op 229/3 – ’n voorsprong van 199 lopies, met sewe paaltjies steeds staande.

Sou die Suid-Afrikaners dié kragmeting wen, sal dit die eerste keer sedert hertoelating sowat 20 jaar gelede wees, dat hulle die Aussies in ’n reeks op tuisbodem klop.

Ja, dis seker moontlik dat dié klimtol-reeks vandag vir oulaas op sy kop gekeer kan word – maar vir dít om te gebeur, sal die De Villiers-Amla-wurggreep vroeg moet sneuwel... iets wat Saterdag in meer as drie ure se spel selde moontlik gelyk het.

Die toerspan sal ook straks self die rekordboeke moet herskryf deur ’n wenteiken te haal wat reeds gevaarlik naby is aan 294 – die hoogste wat tot dusver in die vierde kolfbeurt op dié veld vir ’n sege aangeteken is.

Wat Saterdag se vertoning deur Amla en De Villiers soveel meer merkwaardig maak, is dat die tuisspan se kolfbeurt vroeër gedreig het om ’n al té bekende pad te stap met die vroeë verlies van Jacques Rudolph, Graeme Smith én Jacques Kallis.

Eers het Rudolph (24, 23 b, 5x4) hom misgis met ’n trekhou van die haastige Pat Cummins (2/46) kort nadat die Suid-Afrikaners hul eerste beurt-agterstand van 30 lopies uitgewis het, waarna Smith (36, 55 b, 6x4) se kaphou van die boulwerk van Nathan Lyon (1/41) in die hande van Phil Hughes op punt-effe-tru beland het.

Michael Clarke het oomblikke later vasgeklou aan ’n vangkans van die buiterand van Kallis (2, 19 b) se kolf om aan Cummins sy tweede slagoffer te besorg – en die Proteas op ’n teleurstellende 90/3 vir middagete te laat aansit.

Op die voorafgaande twee dae het dit klokslag begin paaltjies reën in die middagskof, maar Amla en De Villiers het vrese van ’n soveelste kolf-ineenstorting besweer met dié span se mees berekende en gedissiplineerde kolfvertoning van die reeks.

Buiten vir Cummins se indrukwekkende vaart (en een of twee benoude oomblikke teen Lyon), het dié kolfpaar deurgaans die septer geswaai.

Amla het hom nie van stryk laat bring deur Cummins se kort kartetse nie.

Dié baardman het geduldig gewag om die “voller” aflewerings grens toe te jaag, terwyl De Villiers van meet af aan gekap en getrek het soos net hy kan – en tot die groot frustrasie van Clarke.

Só raad-op was dié Aussie-kaptein, dat hy selfs vir Ricky Ponting (0/8) ingespan het in ’n poging om ’n deurbraak te bewerkstellig, oomblikke voordat swak lig spel ná net 69 boulbeurte kortgeknip het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

KallieHungBal sê... Ek brand om te vra/sê wat die verskil tussen die misdadigers is, maar ek is nie lus vir 'n rasseherrie om my kop nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2006
R 289,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.