Prince lei Warriors na oorwinning
2010-01-30 09:03
Oos-Londen - Ashwell Prince was die man van Vrydagaand se wedstryd nadat hy die Chevrolet Warriors na ’n oorwinning in die MTN40-eindstryd by Buffalo Park in Oos-londen gelei het.
Die Warriors het die Nashua Dolphins met 71 lopies geklop.
Prince het 128 lopies van 96 balle ingepalm.
Die Warriors wat eerste aan die kolf was, het met ’n skitterende 299 lopies vir 4 die kolfblad verlaat.
Die Dolphin het daarin geslaag om 228 lopies vir 0 te kry.
Hulle het nog 20 balle in hulle kolfbeurt oorgehad.
Prince het sestien viere en drie sesse geslaan voordat hy deur Hashim Amla uitgevang is.
-Sport24