Ponting swaai kolf vir Surrey
2013-02-21 18:00
Video - Ponting klaar met toetskrieket
Die voormalige Australiese krieketkaptein Ricky Ponting het sy uittrede uit toetskrieket aangekondig.
KYK
Londen – Die voormalige Australiese kaptein Ricky Ponting het ingestem om vir twee maande vir die graafskapspan Surrey in Engeland te speel, het die klub Woensdag in 'n verklaring bekendgemaak.
Ponting is as 'n korttermyn-plaasvervanger vir die Protea-kaptein Graeme Smith, wat weens die Kampioene-trofee afwesig sal wees, nadergetrek.
Die 38-jarige kolwer, wat in Desember verlede jaar uitgetree het uit internasionale krieket, sal in Junie en Julie vir Surrey beskikbaar wees.
"Ons het geweet dat ons Graeme gaan verloor vir die IKR se Kampioene-trofee in Junie," het Surrey se spandirekteur, Chris Adams, gesê.
"En met die wete dat ons sonder Graeme gaan wees het ons daarop gefokus om die beste moontlike plaasvervanger te kry."
Sedert Ponting se internasionale uittrede het hy voortgegaan om plaaslike krieket in Australië vir Tasmanië te speel en blink hy steeds uit met die kolf nadat die veteraan vroeër die maand 'n onoorwonne dubbele honderdtal teen Nieu-Suid-Wallis en Dinsdag 95 lopies in 'n eendagwedstryd teen Wes-Australië aangeteken het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP